Ondersoek die geleentheid om die Saldanha-hawe uit te bou tot die grootste in- en uitvoerhawe aan die Weskus. Die natuurlike hawe van Saldanhabaai is groot genoeg om reuseskepe te beskerm teen die suidooster wat die Kaapstadhawe baie keer laat stilstaan.
As gevolg van voorsiening vir die ysterertsbote is die hawe diep genoeg vir vragskepe wat groot vragte kan uitlaai of inskeep.
Deur Saldanha as ’n uitvoerhawe vir sitrus (van Citrusdal), koring (van die Swartland), druiwe (van die Oranjerivier en De Doorns), appels en bloubessies (van Ceres) en sagtevrugte van die hele Wes-Kaap te gebruik, kan die kaai, waarvan die volle kapasiteit tans nie met ysterertsuitvoer gebruik word nie, behoorlik benut word.