In sy onlangse staatsrede het pres. Cyril Ramaphosa ’n aantal belangrike ondernemings aan die landbousektor gegee wat tot ekonomiese herstel in Suid-Afrika kan bydra indien dit toegepas word.
Dit is nou uiters noodsaaklik dat die regering met konkrete planne vorendag kom en aan besighede die geleentheid gee om saam te werk aan sodanige projekte ten einde die uitvoering daarvan te bespoedig.
Die regering se sukses in hierdie verband sal ’n beslissende faktor wees wat bepaal of Suid-Afrika se landbousektor sy potensiaal bereik, of misluk namate die land se infrastruktuur en noodsaaklike dienste verder verswak.