In Landbouweekblad van 9 September 2021 is daar twee uiteenlopende menings oor die landbou in Suid-Afrika.
Volgens Agri Noord-Kaap moet pessimistiese emosies vervang word met opbouende samewerking om ’n beter Suid-Afrika te bou. Boere moenie gal braak nie, want staatsdepartemente reageer nie gunstig op verwyte en kritiek nie. (Met ander woorde boere moenie gehoor word nie).
Boere moet ’n optimistiese uitkyk handhaaf ten spyte van die ekonomiese insinking, kontantvloeiprobleme, politieke onstuimigheid, die bedreiging van die Grondwet, anargie, plundering en plaasveiligheid wat verswak.