Beriggewing oor sommige landbou-organisasies wat nou ’n alternatief vir die onlangs aanvaarde amptelike meesterplan vir die landbou en landbouverwerking daar wil stel, het betrekking.
Hoekom kry ’n mens die idee dat ons boere soos ’n klein hondjie is wat ’n Volkswagen Beetle jaag, en as hy hom vang, dan weet hy nie wat om met hom te doen nie. Of nog erger, as hy hom vang, skrik hy só groot dat die Beetle oor hom ry.
Hier moet ons weer lees dat ons nou daaraan gaan werk om ’n werkbare plan daar te stel. Het ons nie al lankal besef dat daar ’n werkbare plan benodig word nie? Hoekom het ons dan vir die staat gewag om ’n plan daar te stel, en nou wil ons baie slim klink en baie vrae vra?