Veediefstal in Suid-Afrika is buite beheer en die polisie verloor die stryd om dit behoorlik te ondersoek. Dít kom duidelik na vore uit die antwoord op ’n parlementêre vraag wat ek aan mnr. Bheki Cele, minister van polisie, gevra het.
Veeboerdery is ’n integrale deel van die landbousektor en veediefstal knou veeboere. Die onvermoë van die polisie om veediefstalsake op te los, beteken dat dit buite beheer is.
Volgens die antwoord van die minister is 26 923 veediefstalsake in die tydperk 1 April 2021 tot 28 Februarie 2022 by veediefstaleenhede aangemeld. Van hierdie sake is slegs 7 800, of 28,9%, opgelos.