Dit is verblydend dat die vervolging van sekere misdadigers nou koers begin kry. Met ’n regstelsel wat die Stalingrad-opsie moontlik maak sodat misdadigers nie spoedig hul dag in die hof kry nie, sal die vervolgings wat nou ingestel word, seker nie in my leeftyd afgehandel word nie.
Dat dit uiteindelik begin het, is egter verblydend. My vraag is hoe die owerhede wat moet optree, soos die Nasionale Vervolgingsgesag, hul prioriteite bepaal. Watter vervolgings kry voorrang?
Ons het onlangs gehoor dat nog inhegtenisnemings rakende die VBS-sage gemaak is. Munisipaliteite is uit miljarde bedrieg. Dan lees ons ook dat verskeie amptenare van die departement van openbare werke in verband met korrupsie in hegtenis geneem is.