Reisigers in sekere dele van Afrika kry soms te doen met polisie wat toeriste voorkeer en “fout” vind met dokumentasie of iets anders, net om omkoopgeld te kry voordat reisigers verder kan ry. Sedert 1994 het hierdie neiging al hoe meer in Suid-Afrika begin voorkom, veral onder die verkeerspolisie.
Om hierdie misdadige beamptes se “skuldigbevinding sonder verhoor” vry te spring, kies baie “wetsgehoorsame” mense dan om eerder die skulderkenning-“omkoopgeld” te betaal pleks van die moeite en frustrasie indien ’n mens sou weier.
Dat elkeen wat betaal, korrupsie aanhelp en bevorder en net so skuldig as die steler is, word gerieflik geïgnoreer.