AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Mentz voor raad gedaag

Die bekende en omstrede veekundige, dr. André Mentz, is gedaag om voor die SA Raad vir Natuurwetenskaplike Beroepe te verskyn vir ’n dissiplinêre verhoor.

Die bekende en omstrede veekundige, dr. André Mentz, is gedaag om op 25 en 26 Mei voor die SA Raad vir Natuurwetenskaplike Beroepe (SACNASP) te verskyn vir ’n dissiplinêre verhoor. Die klagte teen hom is die oortreding van die raad se gedragsreëls.


Mentz was 20 jaar lank ’n voorligtingsbeampte en beesnavorser, waarna hy 25 jaar lank ’n bona fide-beesboer was. Hy het onder meer bekendheid verwerf vir sy boek Beesboerdery en Veekunde Holisties Benader, wat vir ’n redelike mate van omstredenheid gesorg het.


Krities oor voerkrale


Mentz is veral krities oor voerkrale. Hy sê beeste is veronderstel om vleis van die beste gehalte van gras af te produseer, maar die onnatuurlike metodes wat voerkrale toepas, verander beeste se fisiologie drasties om as enkelmaagdiere te funksioneer.


Ná die publikasie van die boek het prof. Eddie Webb, voorsitter van die SA Vereniging vir Veekunde (SAVVV) in Julie 2009 aan Landbouweekblad gesê dié boek verwar boere en Mentz se uitlatings daarin is strydig met wetenskaplike beginsels. Die SAVVV sou Mentz vra om die boek aan die mark te onttrek en sy standpunte te heroorweeg.


Webb het destyds ook genoem dat die SAVVV alle telersgenootskappe sou aanraai om nie die boek te versprei nie. Die SAVVV wou nie toe al drasties optree deur te vra dat die SACNASP ook teen Mentz optree nie. Dit kon egter ’n volgende stap wees nadat die saak met Mentz bespreek is, het Webb gesê.


In ’n webpeiling in Augustus 2009 op Landbou.com het 94% van die deelnemers aangedui dat hulle graag Mentz se boek wil lees.


Einde van die pad


By navraag oor die komende verhoor het Mentz aan landbou.com gesê hy het die verhoor verwag. “In dieselfde asem wil ek ook net sê dat hierdie die einde van die pad sal wees waar ek alles ingesit het om ter wille van ’n nasionale beesboer-gemeenskap iets te probeer doen, maar wat 99% van die mense nie vertsaan nie en ook nie omgee om nie te verstaan nie.


“Ek het nog nooit probeer om self iets uit hierdie saak te bekom nie. Ek kan nie die stryd verder alleen stry nie omdat ek dit nie kan bekostig nie. Daar is mense wat saampraat wanneer dit hulle pas, want hulle verstaan steeds nie waaroor dit gaan nie. Hulle dink dat die holistiese bestuur van ’n eko-boerdery net uit ’n klomp klein kampies bestaan.


“Hierdie aangeleentheid was nog nooit vir my belange en aansien bedoel nie; dus kan ek niks wen nie. Dit was alles bedoel vir die kommersiële boer se belange en die platteland wat uiteindelik doodloop in bankrotskap omdat die voerkrale al die boere se besigheid na hul omgewings kaap."


"Ons is uitgelewer aan nie-boerderybesighede wat bestaan uit die winste op kalfies wat boere aan hulle stuur. Dan word 'n koolstof-voetspoor agtergelaat met al die graan wat na die voerkrale toe gaan, plus die besoedeling en ongesonde vleis vol hormone, antibiotika en stimulante.”

Mentz het aan landbou.com gesê die skuldlas van Suid-Afrikaanse boere is R57 miljard en styg met meer as R1 miljard per jaar, hoewel die aantal boere al hoe minder word. "Wat moet nog gebeur dat nuwe denke sal seëvier en iewers 'n paradigma sal plaasvind? Wanneer sal die leiers standpunt inneem en erken dat iets drasties verkeerd is?"


Landbou.com het mnr. A.J. de Klerk, registrateur van die SACNASP, gekontak om kommentaar te kry. De Klerk sê die saak is sub judice en niemand mag iets daaroor sê nie, ook nie van die raadslede nie. Hy het voorts gesê dat die verhoor in camera sal plaasvind.


20 Mei 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
+0.4%
Rand - Pond
21.26
+0.4%
Rand - Euro
18.32
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Goud
1,767.69
-1.7%
Silwer
22.21
-4.1%
Palladium
1,875.98
-1.3%
Platinum
999.37
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Bietjie van 'n Romantikus wat graag geselsdap soek
Ek is vriendelike mens wat nie baie issues het nie. Ek is 'n 'software developer' en as sulks baie lief vir tegnologie. Ek hou daarvan om lekker te lag word ook...
Passionate.
Hou van eerlikheid. Is nog jonk van gees. Hardwerkend. Passionate vir ware liefde. Hou van shopping en uiteet. See vakansies
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot