AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4060
45,00
SOYA
24 Mrt
-
8135
-88,00
SUNS
24 Mrt
-
8630
-225,00
WEAT
24 Mrt
-
6430
65,00
WMAZ
24 Mrt
-
3842
55,00
YMAZ
24 Mrt
-
4029
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Merinowol maak sy buiging op JSE!

Die JSE bied wolboere nou die opsie om hulself teen prys-wisselvalligheid te verskans, en dalk selfs groter toegang tot finansiering te bekom.

Die JSE het pas ’n termynkontrak vir Merinowol bekendgestel, kort op die hakke van ’n kontrak vir lamkarkasse, wat die pryse van A2- en A3-grade lam navolg.

Die nuwe wolkontrak se pryse sal deur die Merino-aanwyser bepaal word, ’n indeks wat die bedryfsorganisasie Cape Wools SA ontwikkel het, sê die JSE in ’n verklaring.

Hierdie indeks is ’n aanduiding van bewegings in die wolprys, en word bereken deur ’n geweegde gemiddelde prys van ’n spesifieke wolveiling met dié van ’n vorige veiling te vergelyk. Dié veilings word in die wolproduksie-seisoen weekliks in Port Elizabeth gehou.

Buitengewone groeifase

Mnr. Chris Sturgess, direkteur: afgeleide kommoditeite op die JSE, sê Cape Wools het die beurs aanvanklik oor die moontlikheid van ’n wol-termynkontrak genader. “Die plaaslike wolbedryf staan op die rand van ’n buitengewone groeifase, en die JSE is bevoorreg om die geleentheid te hê om die bedryf te help om sy potensiaal te verwesenlik.”

Mnr. Louis de Beer, Cape Wools se uitvoerende hoof, sê die vraag na wol is op die oomblik uitstekend omdat internasionale wolproduksie op ’n geskiedkundige laagtepunt is. “Die bedryf is uiters positief oor die heersende geleentheid om wolproduksie te verhoog. Die nuwe kontrak sal boere ’n meganisme bied om hul prysrisiko te verlaag.”

Hy sê Suid-Afrika het vanjaar 52,5 miljoen kg wol geproduseer, maar daar is markruimte om dit met nog 22,5 miljoen kg op te stoot.

Kopers en verwerkers ook

Ander markspelers, soos kopers en verwerkers, sal ook by die nuwe kontrak baat kan vind, sê De Beer.

Hy meen die termynkontrak kan mark-spelers selfs help om bykomende finansiering te bekom, deurdat dit as sekuriteit kan dien.

Hy wys daarop dat daaglikse bewegings in die wolprys deur verskeie faktore beïnvloed word. Dit sluit in die wisselkoers, die vraag na wol uit Australië en Suid-Afrika, bestellings vanaf verskillende kopers, en die gehalte van wol wat aangebied word.

Lewering van wol

Hierby is die patroon van die lewering van wol siklies, met wol van verskillende gehalte en in verskillende hoeveelhede wat op verskillende tye deur die seisoen te koop aangebied word, wat die prys verder wisselvallig maak.

Bykans al Suid-Afrika se wol word teen rondom R4,5 miljard per jaar uitgevoer. Dit word deur tussen 4500 en 9000 kommersiële wolboere, en tussen 30 000 en 50 000 kommunale boere geproduseer.

Die nuwe termynkontrak verteenwoordig 1000 kg skoon, geweegde wol, en is vir vier verskansingsmaande – Maart, Junie, September en Desember – beskikbaar.

Byskrif: Op die bekendstelling van die Johannesburgse beurs se nuwe Merinowol-termynkontrak was van links mnre. Louis de Beer, uitvoerende hoof van die bedryfsorganisasie Cape Wools, Chris Sturgess, die JSE se direkteur: afgeleide kommoditeite, en Raphael Karuaihe, bestuurder: kommoditeite by die JSE. Foto verskaf

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.55
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.5%
Platinum
979.10
-0.6%
Palladium
1,421.38
-0.1%
Goud
1,976.74
-0.9%
Silwer
23.15
+0.2%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot