Dit word ook aangehelp deur vee-eienaars wat bang is om die siekte aan te meld uit vrees vir die verliese wat hulle kan ly.
Hierdie en ander probleme is bespreek op ’n onlangse simposium oor dieresiektes van die dieregesondheidsmaatskappy Afrivet, waar opnuut ’n pleidooi gelewer is vir plaaslike entstofvervaardiging, meer diagnostiese kapasiteit en meer mannekrag om die verspreiding hok te slaan.
Dr. Grietjie de Klerk, adjunk-direkteur vir epidemiologie van dieregesondheid by die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het gesê die bekamping van die siekte rus op vier hoekstene, naamlik inspeksie, beheer van beweging, fisieke afperking van gebiede wat geraak word, en inenting.