AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Mielie-oes ietwat groter geskat

Die oesskatting van die Nasionale Oesskattingskomitee verwag dat die mielie-oes 3% hoër kan wees as vroeër voorspel.

’n Opwaartse aanpassing aan die mielie-oesskatting is nie ’n verrassing vir die graanbedryf nie.

Mnr. Jannie de Villiers, hoof uitvoerende beampte van Graan SA, sê gerugte doen sedert verlede week die ronde dat die land se mielie-oes die 11 miljoen ton-merk gaan verbysteek.
 
Volgens die oesskattingsverslag sal die mielie-oes op 11,192 miljoen ton te staan kom. Dit is 355 350 ton hoër as die vorige skatting van 10,837 miljoen ton. “Die hoër skatting is gegrond op onlangse produsentelewerings, soos gemonitor deur die SA Graaninligtingsdiens (Sagis), wat hoër as verwag is,” lui die verslag.
 
Amerika
De Villiers sê die plaaslike mark kan baie dankbaar wees vir die oes wat gelewer is, veral as die situasie met die Amerikaanse mielie-oes en die droogte in dié land in ag geneem word. “Ons kan baie dankbaar wees dat sowat 200 000 ton ekstra uitgekrap kon word.”
 
Die produksieskatting vir wit mielies is 169 200 ton hoër as die vorige skatting, terwyl die komitee verwag dat 186 150 ton meer geel mielies gelewer sal word. Die totale witmielie-oes word op 6,362 miljoen ton geskat, terwyl die verwagting vir geel mielies op 4,830 miljoen ton staan.
 
Koring
Intussen is Graan SA ook nie verras oor die lae skatting vir die verwagte koringoes nie. Die komitee verwag dat die koringoes sowat 1,764 miljoen ton sal wees, wat 12,02% laer is as die oes wat verlede jaar gelewer is.
Volgens die komitee kan dié lae oes toegeskryf word aan lae pryse vir die gewas wat die verbouiing daarvan minder winsgewend maak, asook graderingsregulasies.
 
De Villiers sê daar is wel uiteindelik meer koring geplant as wat aanvanklik verwag is. “Die aanplantings is meer as die voornemens wat vroeër aangedui is, en dit is ’n gevolg van die reën wat laat in die Oos-Vrystaat geval het.
 
“Die oeste in die Kaap lyk mooi, maar die koringbedryf is ’n bedryf wat swaarkry en daar word nie naastenby genoeg verbou vir die land se behoeftes nie,” vertel De Villiers.
 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.64
+1.1%
Rand - Pond
20.24
-0.2%
Rand - Euro
17.60
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.45
+1.5%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,725.20
+1.5%
Silwer
21.03
+1.5%
Palladium
2,310.39
+3.9%
Platinum
934.70
+3.3%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.3%
Alle aandele
66,313
+3.2%
Hulpbronne 10
64,568
+4.5%
Industriële 25
80,073
+3.2%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir die lewe saam met sielsgenoot
Christen, Eerlik, opreg, liefdevol, omgee, rolbal ,stap, reis, baie goeie humorsin, intelligent, sing en fluit graag , koorsanger en solo, uiteet, dans. Grapjas
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot