AFGRI
BEAN
19 Okt
-
6607
0,00
CORN
19 Okt
-
3074
-11,00
SOYA
19 Okt
-
7155
-50,00
SUNS
19 Okt
-
8660
40,00
WEAT
19 Okt
-
5724
-18,00
WMAZ
19 Okt
-
3160
-15,00
YMAZ
19 Okt
-
3338
-18,00
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Mielie-uitvoer goed op dreef

akkreditasie
Foto: Johan Norval
Foto: Johan Norval
Met die 2020-’21-bemarkingsjaar wat nou eers die halfpadmerk nader, is Suid-Afrika goed op dreef om die 2,2 miljoen ton mielies uit te voer wat die Nasionale Landboubemarkingsraad se vraag-en-aanbodkomitee begin Mei bereken het.

Volgens die SA Graaninligtingsdiens (Sagis) se jongste in- en uitvoersyfers saam met die voornemens vir uitvoer tot 23 Oktober staan uitvoer reeds op meer as 1,55 miljoen ton. Dit is 72% van die geskatte uitvoer vir die raming van die bemarkingsjaar wat intussen bietjie af is tot 2,15 miljoen ton.

Tot 28 Augustus is bykans 1,26 miljoen ton uitgevoer en volgens die voornemens vir uitvoer sal ’n verdere bykans 280 000 ton die land voor 23 Oktober verlaat.

Van die mielies wat reeds uitgevoer is, is 322 000 ton wit en 942 000 ton geel. Die meeste witmielies (121 000 ton) is na Zimbabwe en Mosambiek (44 000 ton) uitgevoer en die meeste geelmielies na Taiwan (323 000 ton) en Suid-Korea (258 000 ton).

Mnr. Wandile Sihlobo, ekonoom van die landbousakekamer Agbiz, sê die beoogde uitvoer vir die seisoen is 49% meer as in die 2019-’20-seisoen weens vanjaar se buitengewone groot oes. Verlede jaar se totale uitvoer was 1,45 miljoen ton.

Hy sê surplusse in Suid-Afrika en Zambië sal voldoende wees om tekorte in ander lande in Suider-Afrika en lande in Oos-Afrika vir die huidige bemarkingsjaar aan te vul. “Buiten klimaatsomstandighede is daar twee bykomende risikofaktore vir hierdie lande. Eerstens skep die plaag van woestynsprinkane nog ’n ernstige bedreiging in Ethiopië, Kenia, Somalië, Suid-Soedan en Soedan. Dit kan die landbou se herstel knou as die plae nie doeltreffend bekamp word nie.

“Tweedens bly die Covid-19-pandemie ’n groot bedreiging vir die landbou in verskeie lande, veral die invloed wat inperkingsmaatreëls op kleinskaalse boere en informele markte het waar beweging onder mense baie belangrik is. Met die uitsondering van Suid-Afrika is die amptelike syfers vir Covid-19 nog relatief laag in sekere Afrika-lande, maar dit is onseker of dit onder beheer sal bly.”

Sihlobo sê as die infeksiekoers styg, veral tydens planttyd wat in Februarie in Suider-Afrika en van Februarie af in Oos-Afrika begin, kan dit tot ontwrigting lei. “Hoogs gemeganiseerde landboubedrywe sal minder deur inperkings geraak word, maar dit is omtrent net Suid-Afrika waar die standaard van meganisasie van só ’n aard is dat die handhaaf van persoonlike afstand nie tot groot ontwrigting behoort te lei nie. Vir die res is die risiko hoog.”

Wat koring betref, is Suid-Afrika ’n netto invoerder. Teen 28 Augustus was 1,6 miljoen ton koring reeds vir eie gebruik ingevoer. Sowat 75 000 ton Suid-Afrikaanse koring is na buurlande uitgevoer en ’n verdere 244 000 ton is via Suid-Afrikaanse hawens uitgevoer.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.57
+0.8%
Rand - Pond
20.08
+0.3%
Rand - Euro
16.98
+0.4%
Rand - Aus dollar
10.88
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,782.10
+1.0%
Silwer
23.78
+2.5%
Palladium
2,075.51
+2.9%
Platinum
1,055.38
+1.6%
Brent-ruolie
84.33
-0.6%
Top-40
60,320
+0.4%
Alle aandele
66,912
+0.4%
Hulpbronne 10
64,002
+0.9%
Industriële 25
84,631
+0.3%
Finansiële 15
13,990
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
1Korinthiers 13
Ek is glad nie jaloers of clingy nie, maar moenie my n rede glo nie die seding is as volg: as daar n romie is is daar n vuur, so as ek vernoed jy hou jou opsies oop sal ek...
Vrede begin met n glimlag
Ek is n ma en n ouma van 2 my grootste liefde, ek is n mense mens baie lief vir lek lag kuier met vriende en familie. Gee baie om vir my mede mens lief vir kos maak en dans is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot