AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

Mieliediefstal begin toeneem in Vrystaat

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mielies met baie goeie potensiaal in die distrik Middelburg, Mpumalanga. Foto: dr. Werner Rossouw
Mielies met baie goeie potensiaal in die distrik Middelburg, Mpumalanga. Foto: dr. Werner Rossouw
Sewe dorpe in die Vrystaat het reeds voorvalle van mieliediefstal ondervind.

Vanjaar se strooptyd kom al hoe nader. Aangesien mieliediefstal gedurende dié tyd van die jaar meer gereeld voorkom, moet verseker word dat die nodige veiligheidmaatreëls gereed is, sê dr. Jane Buys,  veiligheidsrisiko-ontleder by Vrystaat Landbou.

Volgens haar het mieliediefstal al voorgekom op plase by Warden naby die N3 en ander sekondêre paaie, asook Koppies, Vierfontein en Welkom. Verdagtes wat met sakke vermoedelik gesteelde mielies betrap is, is op Allanridge, Bultfontein en Virginia in hegtenis geneem.

Buys sê boere wat sekerheidswagte aanstel wat gereeld hul plase patrolleer en tot ’n kameranetwerk toegang het, betrap mieliediewe gewoonlik.

Uit die meer as 20 beheerkamers in die Vrystaat het slegs twee gedurende Februarie vanjaar voorvalle van mieliediefstal aangemeld. Volgens haar beteken dit dat mieliediefstal nog nie algemeen in landbougemeenskappe voorkom nie, maar daar is steeds ’n risiko dat dié tipe diefstal kan voorkom. Na verwagting sal voorvalle van mieliediefstal in April toeneem wanneer strooptyd aanbreek.

Buys sê Vrystaat Landbou sal die polisie versoek om die nodige patrollies en voorkomingsaksies veral op dorpe in die sogenoemde mieliedriehoek of waar groot landerye voorkom, van stapel te stuur. Boere sal ook bedag gemaak word op mieliediefstal en versoek word om enige voorvalle daarvan by die polisie of Vrystaat Landbou aan te meld.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.03
+0.1%
Rand - Pond
20.93
+0.8%
Rand - Euro
18.72
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.14
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,018.82
+0.8%
Palladium
1,669.18
-0.0%
Goud
1,954.48
+0.2%
Silwer
24.46
+2.0%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,668
-0.1%
Alle aandele
79,864
+0.1%
Hulpbronne 10
74,939
-0.3%
Industriële 25
102,543
+0.0%
Finansiële 15
16,553
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
As jy nie probeer nie sal jy nooit weet nie...¹
LOVE my honde en my kinders. My siels vriende is vir my baie belangrik. Ek steur my nie aan drama nie. Haat shopping centres met ń passie. Alryd aan die kook, bak en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot