AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Mieliediefstal kos boere tot R100 000 per maand

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Swakker Rand kan die koerse van mielie-uitvoere en verdienste uit landbouprodukte laat toeneem. Foto: Johan van der Merwe
’n Swakker Rand kan die koerse van mielie-uitvoere en verdienste uit landbouprodukte laat toeneem. Foto: Johan van der Merwe
Mielieboere word versoek om die nodige voorsorgmaatreëls teen mieliediefstal te tref omdat dit al hoe meer algemeen in die Vrystaat voorkom.

Te midde van strooptyd het mieliediefstal reeds by agt dorpe in die Vrystaat voorgekom. Aangesien mielies nou ryp is, is hulle gesog onder misdadigers, sê mnr. Jakkals le Roux, voorsitter van Vrystaat Landbou se landelike veiligheidskomitee.

Mieliediefstal het reeds by Allanridge, Bothaville, Bultfontein, Koppies, Odendaalsrus, Vierfontein, Virginia en Welkom voorgekom. Verdagtes is op Allanridge, Bultfontein en Virginia in hegtenis geneem.

Volgens Le Roux werk die mieliediewe in groepe van tot 20. Hulle is met pangas en messe gewapen. Die gesteelde mielies word in sakke op bakkies geplaas en dan na afsetpunte vervoer om verkoop te word.

Mieliediefstal lei tot enorme finansiële verliese vir boere. Dit hou ook ’n veiligheidsrisiko in vir boere, hul werkers en sekerheidswagte wat die landerye moet beskerm.

“Mieliediefstal, soos wat dit in die Vrystaat voorkom, is ’n hoogs georganiseerde misdaad wat deur sindikate bedryf word. Dit is nie honger mense wat ’n paar mielies vanaf landerye onregmatig neem nie. Afsetgebiede, markte en geld wat van hande verwissel, is hier ter sprake.”

Dr. Jane Buys, veiligheidsrisiko-analis by Vrystaat Landbou, sê van die boere in die betrokke gebiede betaal tot R100 000 per maand vir sekerheidswagte om hul mielielande op te pas en te probeer beskerm teen die misdadigers.

Sy meen dié addisionele veiligheidsuitgawes, tesame met verhoogde insetkoste, kan voedselsekerheid beslis in die wiele ry.

Vrystaat Landbou het ’n dringende versoek tot die polisie gerig om mieliediefstal met die nodige erns in die Vrystaat te bejeën. Die polisie is versoek om op grondvlak hul misdaadvoorkomingsaksies met dié van boerderygemeenskappe te belyn ten einde mieliediefstal te bekamp.

Boere word ook versoek om voorvalle van mieliediefstal so vinnig moontlik by die polisie aan te meld.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-0.9%
Rand - Pond
20.04
+0.5%
Rand - Euro
17.58
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.51
+0.3%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,712.18
-0.3%
Silwer
20.60
-0.2%
Palladium
2,273.90
+0.7%
Platinum
926.00
+0.4%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Op soek na my "one and only"
Ek is Afrikaans maar gaan die volgende in Engels skryf. Hi. I'm Johan. I'm successful, love my job and content with life. Love music, food and love the beach. and my...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot