AFGRI
BEAN
03 Okt
-
9384
0,00
CORN
03 Okt
-
4797
0,00
SOYA
03 Okt
-
9314
0,00
SUNS
03 Okt
-
10079
0,00
WEAT
03 Okt
-
7065
0,00
WMAZ
03 Okt
-
4845
0,00
YMAZ
03 Okt
-
4793
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Mielieprys nou laer as produksiekoste

’n Oorvloed mielies druk die prys af, wat boere laat kopkrap oor hul bemarkingsopsies.

Suid-Afrikase rekord-mielie-oes en goeie produksie-vooruitsigte in Amerika (én die res van die wêreld) plaas soveel druk op mieliepryse dat dit nou plaaslik en in Amerika onder produksiekoste begin beweeg het.

Dit laat boere erg kopkrap en somme maak oor watter bemarkingsopsies om te volg. Talle boere het glo reeds die riskante besluit geneem om vanjaar se mielies teen die goedkoper jaartarief vir ’n volle jaar laat opberg. Hulle hoop dat pryse teen die volgende bemarkingseisoen soveel beter sal wees om vir dié bykomende koste te vergoed. Daarmee wil hulle die nodige wins realiseer wat teen die heersende lae pryse onmoontlik is.

Ander moet egter noodgedwonge nou bemark om die gebruiklike September-rekeninge te vereffen. Vir hulle sal sogenoemde “papiermielies” (vooruitkontrakte en/of ’n opsie-strategie op die Safex-beurs) pleks van om ten duurste nóg ’n oes in die grond te sit, ’n opsie wees. Dít veral omdat alle aanduidings is dat ’n El Niño-verskynsel hierdie produksieseisoen gaan heers. Dié verskynsel gaan dikwels met ondergemiddelde reënval in die somerproduksiestreke gepaard.

Die meeste markontleders is nietemin redelik optimisties dat die plaaslike pryse in die komende maande gaan kop oplig. Mnr. Thys Grobbelaar, graan-ontleder van Senwes, meen daar is ’n baie sterk kans dat pryse teen einde Januarie volgende jaar hoër as nou kan wees.

Dié verwagting word ondersteun deur die El Niño-voorspelling, uitgeputte grondvogreserwes en die feit dat mielies onder produksiekoste verhandel – iets wat finansiering in die gedrang kan bring.

Tradisioneel styg die mielieprys gewoonlik vanaf September, meestal vanweë die sogenoemde weerpremie wat in die markprys verdiskonteer word, sê hy.

Ook mnr. Wessel Lemmer, ekonoom by Graan SA, meen aanplantings vir die 2015-oes kan ingeperk word as boere weens die heersende lae pryse nie die nodige finansiering kry nie.

Lemmer sê dat vanjaar se rekord-opbrengs ’n uitskieter is. Dit is die heel hoogste gemiddelde nasionale opbrengs in die geskiedenis. As opbrengste volgende seisoen sou terugval, kan dit heelwat van die afwaartse druk wegneem wat groot voorrade nou op die binnelandse pryse plaas.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
+0.0%
Rand - Pond
20.18
+0.1%
Rand - Euro
17.54
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.53
+0.8%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,697.98
-0.1%
Silwer
20.83
+0.6%
Palladium
2,242.50
+0.8%
Platinum
909.50
+0.6%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
57,850
0.0%
Alle aandele
64,227
0.0%
Hulpbronne 10
61,646
0.0%
Industriële 25
77,524
0.0%
Finansiële 15
13,815
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Great humor and still have a lot to offer to a sincere person
Let's meet and you can decide. I don't want to pretend or mislead a potential partner. What you see is who I am. Ek is God se kind en dit is nie eers onderhandelbaar...
Die lewe is kort. Kom ons geniet dit saam.
Ek is positief, hou van likewise mense. Is mal oor close wees. Love dit om enige iets te doen saam my geliefdes. Is maklik aanpasbaar. Het nie moodswings en issues.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot