AFGRI
BEAN
29 Sep
-
9347
7,00
CORN
29 Sep
-
4790
13,00
SOYA
29 Sep
-
9420
59,00
SUNS
29 Sep
-
10200
226,00
WEAT
29 Sep
-
7099,4
28,40
WMAZ
29 Sep
-
4885,4
3,40
YMAZ
29 Sep
-
4853,8
25,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

MIELIES

Internasionaal: Toestande in Argentinië het verbeter ná boere in die suidelike produksiegebied kon begin plant. In Brasilië is dit te droog om te plant. Die Amerikaanse departement van landbou skat die Brasiliaanse oes op 37 miljoen ton -- effens meer is as verlede seisoen. Die skatting vir die Argentynse oes is op 12,5 miljoen ton. Dit is dramaties laer as verlede jaar se oes. Amerikaanse uitvoer was verlede week 1,166 miljoen ton met Japan en Mexiko die belangrikste kopers. Brasilië het ingestem dat die mielie-invoertarief tot einde Februarie uitgestel word, net voor die 20002/03-seisoen se oes afgehaal is. Suid-Korea het weer mielies van China gekoop. Die jongste inligting oor die Amerikaanse vervaardiging van ethanol gewys dat daar 'n skerp toename in Oktober was. Dit was ook heelwat meer as dieselfde tyd verlede jaar. Mielieverbruik vir dié doel was vanjaar sowat 30 % meer as verlede jaar en dit neem toe.

Plaaslik: Dit lyk nie goed nie weens die droë en warm toestande in die meeste van die produksiegebiede. Die kleiner aanplantings nog 'n rede vir die mistroostige stemming in die mark. In die oostelike produksiegebied is planttyd reeds iets van die verlede. Ten spyte daarvan dat die grootste deel klaar geplant is, kan die opbrengs nie aan die verwagtinge voldoen nie weens laat ryp, hitte en droogte. Boere en ander belanghebbendes verwag dat die oes in die oostelike deel nog net 'n paar dae kan oorleef. Daarna kan dit groot skade beteken en reën is dringend nodig. Toestande in die Vrystaat en Noordwes is ook nie goed nie en hoewel daar reeds geplant is, is dit nou te droog vir enige verdere aanplantings. In Noordwes is daar nog tyd om te plant, maar boere het reeds aangedui dat hulle ná Kersfees, as dit nog nie gereën het nie, eerder sonneblom gaan plant. KORING Internasionaal: Tans is nie-tradisionele uitvoerders van koring in die wêreldmark besig om al die kaarte om te krap. Die tekort aan harde rooi koring, die kleiner produksie van goeie koring deur lande soos Kanada en Australië is nie genoeg om die prys dieselfde te hou nie. Die feit dat China ook harde rooi koring aanbied plaas nog verdere afwaartse druk op die wêreldprys. In Amerika het boere in die onderskeie produksiegebiede uiteenlopende probleme. Die markaandeel van nie-tradisionele uitvoerders kan 30 % in Amerika bereik aangesien dié land se uitvoer in die 20002/03-seisoen met ongeveer 220 % teenoor die 2000/01-seisoen kan toeneem. Plaaslik: Die oesproses is steeds aan die gang en die droë toestande help om die proses vinniger klaar te kry. Die prys van koring is taamlik wisselvallig en onder afwaartse druk. Die oesproses plaas die prys onder verdere druk en meulenaars en ander gebruikers voer tans koring teen mededingende pryse in -- die binnelandse prys word dus verder daardeur afdruk. Die gehalte van die koring is nie so goed as wat oorspronklik verwag is nie en dit plaas ook druk op die prys. Boere het ander verpligtinge om na te kom en het in baie gevalle nie 'n keuse as om teen huidige prysvlakke te verkoop nie. SOJABONE Internasionaal: Amerikaanse uitvoerverkope verlede week was bo verwagting goed met China, Japan en Israel die grootste kopers. Verkope aan China geskied teen 'n rekord-pas en daar is kommer of dit teen dié tempo volgehou sal kan word. Siektes in Brasilië en Paraguay het plante heeltemal laat vrek en dit gaan dus die opbrengs beïnvloed. Die prys van sojabone word die laaste paar weke opwaarts gedruk deur die hoër prys van soja-olie. Die relatief knap voorraadposisie van sojabone in die Noordelike Halfrond is een van die redes vir die stewige pryse. Die pryse styg weekliks en die prys is R575 ($62) per ton meer as verlede jaar dieselfde tyd. Plaaslik: Hoewel daar 'n toename in aanplantings van sojabone verwag word, is die kans goed dat die groter aanplantings nie sal realiseer nie. Dit is omdat boere in KwaZulu-Natal al meer as die helfte geplant het en daar twyfel is of dit betyds in die ander produksiegebiede sal reën om die aanplantings voort te sit. SORGHUM In die oostelike produksiegebied waar daar gewoonlik heelwat sorghum geplant word, is daar nog nie veel geplant nie en die planttyd is dus vir alle praktiese doeleindes iets van die verlede. SONNEBLOM Die feit dat die reën steeds wegbly, kan lei tot 'n styging in die aanplantings. Daar sal genoeg saad wees om ten minste 650 000 hektaar te beplant. Die internasionale prys het die afgelope tyd weekliks gestyg en die prys is R111 ($12) per ton meer as dieselfde tyd verlede jaar. Vismeel Die prys van vismeel het die afgelope week effens gestyg ná die vorige week se daling. Die prys is nou dieselfde as die vorige maand. GRONDBONE Aanplantings vorder ook nie na wens nie en windskade het verliese in Noordwes veroorsaak. Die internasionale grondboonprys het die afgelope paar weke gestabiliseer.

BEESVLEIS

Die boereprys van beesvleis (alle klasse) het in die week van 29 November met gemiddeld 1,8 % gedaal en is 13,8 % hoër as 'n jaar gelede. 'n Totaal van 21,9 % minder diere is in die week van 22 November geslag teenoor dieselfde week verlede jaar. Die grootste prysdaling was by klas C2/C3 (3,3 %), terwyl al die ander klasse se pryse ook gedaal het. In die komende week kan die gemiddelde prys (alle klasse) verder daal, hoewel daar steeds 'n ondervoorsiening van beesvleis is. Pryse van ligte speenkalwers het verder gedaal weens 'n verskuiwing in die vraag na swaarder speenkalwers. Pryse van ligte speenkalwers kan in die komende week verder daal weens die verwagting dat beesvleispryse in die nuwe jaar gaan daal.

SKAAPVLEIS

Die boereprys van skaapvleis (alle klasse) het in die week van 29 November met 0,1 % gedaal. Klas C2/C3 se prys het met 0,1 % gedaal, terwyl pryse in die ander klasse onveranderd gebly het. Die gemiddelde prys (alle klasse) is 21,2 % hoër as 'n jaar gelede, terwyl 36,6 % minder diere as dieselfde week 'n jaar gelede geslag is. Pryse behoort nie veel te verander nie. Die mark is ondervoorsien, maar die vraag bly traag.

VARKVLEIS

Die prys van varkvleis het met 1,9 % gestyg en is 60,2 % hoër as in dieselfde week 'n jaar gelede. In die week van 22 November is 8,4 % minder diere as dieselfde week verlede jaar geslag. Die prys van vleisvarke het met 1,4 % gestyg, teenoor 'n styging van 1,3 % in die prys van spekvarke. Ongeag die lae aanbod, behoort pryse in die komende week nie veel te verander nie.

BRAAIKUIKENS

Die prys van bevrore hoenders het met 2 % gedaal en is 12,6 % hoër as dieselfde week 'n jaar gelede. Pryse kan in die komende week onveranderd bly. Daar is egter onsekerheid in die mark na aanleiding van gerugte dat heelwat hoendersnitte en heel hoenders ingevoer is.

VOLSTRUISE

Die prys van kuikens het die afgelope week onveranderd gebly en is 38,1 % hoër is as in dieselfde week 'n jaar gelede. Die pryse van voëls in die ander ouderdomsgroepe het onveranderd gebly. Die gemiddelde prys van graad 1-vel het nie verander nie en is 8,2 % laer as 'n jaar gelede. Vleispryse is onveranderd en is 21,3 % hoër as in dieselfde week verlede jaar. Geen prysveranderings word in die komende week verwag nie.

WOL

Boere moes op die veiling van 27 November met laer pryse tevrede wees weens die dramatiese versterking van die rand. Dit het daartoe gelei dat Cape Wools se aanwyser 3,3 % laer op R46,39/kg (skoonwol) gesluit het. Die rand het die grootste deel van die dag rondom die vlak van R9,18 verhandel -- heelwat beter as die vorige week se vlak. Kopers sê die mark het nogtans stewig vertoon as in aanmerking geneem word dat die rand sedert verlede week se veiling met 5 % verstewig het, terwyl die aanwyser net met 3,3 % teruggesak het.

KATOEN

Die Cotlook A-indeks styg weekliks, maar die verstewiging van die rand veroorsaak dat die RSA-prys daal. Die pryse van internasionale vooruitkontrakte het weer effens teruggesak.

AARTAPPELS

Die prys op die Johannesburgse mark het in die week van 29 November met gemiddeld 1 % gestyg en is 2,7 % laer as in dieselfde tyd verlede jaar. Verkope het met 9 % toegeneem teenoor die vorige week en is 8,7 % meer as dieselfde week verlede jaar. Die prys kan in die komende week verder daal.

KOPKOOL

Die prys op die Johannesburgse mark het met gemiddeld 21,4 % gestyg teenoor die vorige week en is 45,9 % hoër as 'n jaar gelede. Daarteenoor toon die verkope 'n afname van 4,1 % teenoor die vorige week en is dit 8,5 % minder as die verkope vir dieselfde week 'n jaar gelede. Gegewe die aanbod, kan die prys in die komende week verder styg.

WORTELS

Die prys op die Johannesburgse mark het met gemiddeld 11,5 % gestyg en die verkope het met 6,8 % toegeneem. Die prys is 41,2 % hoër as in dieselfde week 'n jaar gelede, terwyl die verkope 1,3 % laer is. Die prys kan in die komende week weer daal.

UIE

Die prys op die Johannesburgse mark het met gemiddeld 4,7 % gedaal teenoor die vorige week, terwyl die verkope met 16,5 % toegeneem het. Die prys is 52,8 % laer as in dieselfde week verlede jaar, terwyl die verkope 15,3 % meer is as 'n jaar gelede. Weens die styging in aanbod kan die prys in die komende week daal.

TAMATIES

Die prys op die Johannesburgse mark het met gemiddeld 35,4 % gedaal teenoor die vorige week, terwyl verkope met 53,5 % toegeneem het. Die prys is 19,3 % hoër as in dieselfde tyd 'n jaar gelede, terwyl die volume 10,4 % meer is. Die prys kan in die komende week verder styg. 13 Desember 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.96
-0.7%
Rand - Pond
19.94
-2.6%
Rand - Euro
17.60
-1.3%
Rand - Aus dollar
11.66
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,659.71
-0.0%
Silwer
18.82
-0.4%
Palladium
2,201.50
+2.4%
Platinum
868.00
+0.2%
Brent-ruolie
89.32
+3.4%
Top-40
56,921
-0.9%
Alle aandele
63,264
-0.9%
Hulpbronne 10
59,793
+3.2%
Industriële 25
76,769
-2.3%
Finansiële 15
13,707
-2.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Geloof, Hoop, Liefde
Ek is sag en liefdevol, n omgee en hartsmens, wat lief is vir die natuur, diere, kinders en oumense. Ek hou van lag, selfs vir myself en kan lekker jonk van gees wees en steeds...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot