AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4484,2
-67,80
SOYA
03 Feb
-
8620
-27,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6693
-35,00
WMAZ
03 Feb
-
4298
-31,00
YMAZ
03 Feb
-
4387,8
-33,20

Mielies: Bly uitvoerdroom net droom?

Die droom om meer as 4 miljoen ton se surplus-mielies uit te voer, blyk net ? droom te wees.

Dit wil lyk of die droom om meer as 4 miljoen ton se surplus-mielies hierdie bemarkingseisoen uit te voer, sodat die mark in balans gebring kan word en pryse ondersteun kan word, net ’n droom gaan bly.

Volgens die SA Graaninligtingsdiens (Sagis) se jongste uitvoersyfers is in die week tot 4 Augustus net 46 526 ton (waarvan geel 40 071 ton en wit 6 455 ton) uitgevoer, vergeleke byvoorbeeld met die week tot 21 Julie toe 153 000 ton (81 000 ton wit en 72 000 ton geel) uitgevoer is. Met Suid-Afrika se beste uitvoermaande wat einde toe staan is nog net ’n totaal van 839 524 ton uitgevoer.

Oor die vooruitsig vir groot bestellings vorentoe lyk die nuus ook nie goed nie. Mnr. Hampie Lourens, besturende direkteur van SA Buld Terminals (SABT) wat die meeste uitvoere hanteer, sê tot in Augustus is die vooruitbestellings nog redelik maar daarna is dit maar drupsgewys.

Markte is min

“Ons kry nie ons mielies verkoop nie en ons markte is maar relatief min. In hierdie stadium is dit maar hoofsaaklik Taiwan, Japan en Suid-Korea en ek sien ook nie eintlik nuwe markte gou oopgaan nie.  Daarby is die prys steeds sowat R100 tot R150/ton te hoog om werklik uitvoere aan te spoor.”

Met Amerikaanse mielies wat teen Oktober in die mark kom raak die mededinging dan ook groter.

Mnr.  Brink van Wyk, handelaar van die verhandelingsonderneming BVG, sê ook daar is geen nuwe nuus nie. “Die geel uitvoere gaan voort na dieselfde paar lande, die verbruik van wit in die voermark het skerp gestyg soos verwag en dit is omtrent dit. Pryse bly bietjie hoog om gemaklik meer uitvoere bespreek te kry. Tot dusver het uitvoerders daarin geslaag om uit te voer ondanks die effe duur pryse. Soos dinge nou lyk, bly die surplus maar.”

Verskuiwings in dinamika

Om die prentjie nog meer te vertroebel, dui die jongste gegewens van die Amerikaanse departement van landbou (USDA) op ’n paar verskuiwings in die dinamika van mielie-produksie in Suider-Afrika. Zambië en Malawi raak al hoe meer belangrike spelers in die streek se mielie-sektor.

Mnr. Wandile Sihlobo, ekonoom van die landbou-sakekamer Agbiz, wys daarop dat Zambië se 2017-oes by 3,3 miljoen ton draai en in Malawi is dit 3,6 miljoen ton. “Vir Zambië is dit ’n  rekord-oes sedert daar in 1961 rekord begin hou is. Dit is 900 000 ton meer as die jaarlikse binnelandse verbruik en maak die land ’n netto-uitvoerder.”

Hy sê Malawi sal ook ’n surplus van sowat 100 000 ton hê, waarmee hy lande in die Oos-Afrika mark sal kan voorsien. Suid-Afrikaanse geneties gemodifiseerde (GM) mielies is ook ’n struikelblok en buurlande sal waarskynlik mielies uit Zambië en Malawi verkies.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.07
+0.1%
Rand - Pond
20.83
+0.3%
Rand - Euro
18.61
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.07
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
1,027.47
+1.6%
Palladium
1,677.03
+0.4%
Goud
1,917.79
+0.3%
Silwer
23.55
+0.3%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,332
-0.4%
Alle aandele
79,496
-0.4%
Hulpbronne 10
73,869
-1.1%
Industriële 25
102,737
+0.1%
Finansiële 15
16,439
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n maat
Dis nie maklik om oor jou self teskryf nie , maar hier gaan ons ! Ek is opreg en kan vertrou word , hou glad nie van om eimand seer temaak of mislei nie , ek is ook ma net n...
Ek glo ek is n prag mens van binne en buite
Ek is n mens ,mens en al my vriende dink ek is n prag mens, baie lief vir mense. Ek love diep see visvang, kamp, vakansie by die see, Partykeer in Hotelle en saam met my familie...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot