AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Mielies: Mik dodelike virussiekte na SA?

’n Wesenlike gevaar bestaan dat die MLND-virussiekte Suid-Afrika deur Mosambiek of Zimbabwe kan bereik, waarsku navorsers.

’n Dodelike virussiekte onder mielies, bekend as MLND (maize lethal necrosis disease), is besig om stadig sy weg te baan uit Oos-Afrika na Suid-Afrika en die siekte kom reeds in Tanzanië voor.

Die siekte, wat tot ’n 100% oesverlies kan lei en ’n bedreiging vir voedselsekerheid in Afrika inhou, is ’n kombinasie van twee virusse – die chlorotiese streepvirus wat by mielies voorkom en enige virus in die Potyviridae-groep, soos die mosaïek-virus, wat by suikkeriet voorkom. Die dubbele infeksie met die twee virusse lei tot MLND wat plante laat vrek.

Volgens die Verenigde Nasies se Voedsel en Landbou-organisasie is die siekte die eerste keer in September 2011 in Afrika opgemerk. Dit was in Kenia en die omvang daarvan was van só ’n aard dat dit waarskynlik al ’n geruime tyd daar voorgekom het. Daarna het dit ook vinnig na Tanzanië, Uganda en Suid-Soedan versprei.

Groot oesverliese

Die siekte is ook voorheen al in onder meer Amerika, Meksiko, Argentinië en Brasilië aangemeld, waar dit soms tot oesverliese van 100% gelei het.

Prof. Bradley Flett en dr. Kingstone Mashingaidze, twee navorsers van die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Graangewasse (LNR-IGG) in Potchefstroom, wat die siekte van Suid-Afrika se kant af navors, sê die chlorotiese streepvirus is nog nie by mielies in Suid-Afrika aangemeld nie. Die mosaïekvirus by suikerriet kom wel voor sowel as nog ’n virus in die Potyviridae-groep, die dwerg-mosaïekvirus by mielies.

“ ’n Wesenlike gevaar bestaan dat MLND Suid-Afrika deur Mosambiek of Zimbabwe kan bereik, veral in die subtropiese gebiede waar mielies regdeur die jaar onder bestaansboere verbou word en waar suikerriet ook soms naby mielies verbou word,” sê Flett.

Versprei maklik

“Wat die situasie vererger is dat die siekte ook baie maklik versprei – deur insekte, saad of selfs meganies wanneer iemand net deur die landery stap en die virus in aanraking met klere kom.”

Hulle waarsku in ’n artikel in Graan SA dat mielies die belangrikste graangewas in Sub-Sahara-Afrika is en op 25 miljoen ha verbou word. Dit verteenwoordig 34% van alle graanproduksie en is van deurslaggewende belang vir voedselsekerheid. In Afrika word 95% van mielies as voedsel benut.

Hulle beskou dit as van deurslaggewende belang dat ’n volledige opname van mielie-virusse regdeur die Suid-Afrikaanse mieliebedryf gedoen word om vas te stel watter wel hier voorkom.

* Dr. Rikus Kloppers, senior navorsingsbestuurder by Pannar Saad, sê al sou die virus tot in Suid-Afrika vorder, glo hy dat dit beheer sal kan word. “In Amerika is dit glad nie meer ’n probleem nie. Weerstand en moderne bestuur het dit uitsorteer.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.61
+1.3%
Rand - Pond
20.23
-0.1%
Rand - Euro
17.58
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.45
+1.5%
Rand - Jen
0.12
+1.0%
Goud
1,726.31
+1.6%
Silwer
21.17
+2.2%
Palladium
2,345.70
+5.5%
Platinum
935.64
+3.4%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.4%
Alle aandele
66,313
+3.3%
Hulpbronne 10
64,568
+4.7%
Industriële 25
80,073
+3.3%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Verhouding moet op vertroue en eerlikheid gebou word, volkome ramantiek die beloning.
Leer my ken as nederig en 'n maklike persoon met christelike waardes sonder aanstelligheid wat vrede en liefde koester. Ek hou van kampeer met die karavaan en in die natuur...
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot