AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Mielies: Surplusse ‘nie bekostigbaar’

Die produksie van surplusse in die mieliebedryf is nie bekostigbaar nie en is daarom nie die oplossing vir hoë voedselpryse vir verbruikers nie, sê mnr. Fanie Brink.

“Voedselprysstygings moet op ander plekke in die voedselketting gesoek word en nie by die primêre produsente nie. Daarom moet die onlangse uitsprake dat mielieprodusente surplusse moet produseer om die bevolking goedkoop te voed, summier verwerp word,” sê mnr. Fanie Brink, ‘n onafhanklike landbou-ekonoom.

Brink het spesifiek verwys na die uitsprake van mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende direkteur van Graan SA, by die SA Voerkraalvereniging se beesboerkonferensie buite Pretoria. De Villiers het die standpunt gehuldig dat “mielieboere teen uitvoerpariteit winsgewend moet kan boer want dan kan die bevolking goedkoop gevoed word. Terselfdertyd kan ander bedrywe wat van graan as voerbron afhanklik is, ook winsgewend produseer,”

Brink sê produsente kan geen beheer uitoefen oor die volumes van landbouprodukte wat hulle produseer of die pryse wat hulle daarvoor ontvang nie. Die pryse van landbouprodukte word wêreldwyd deur die markkragte van vraag en aanbod bepaal wat ‘n groot direkte invloed op die pryse het wat Suid-Afrikaanse produsente vir hulle produkte ontvang. Die baie laer SAFEX-gebaseerde uitvoerpariteitspryse wat deur ‘n mieliesurplus veroorsaak sal word, is ook geensins die netto prys in die produsent se sak nie omdat sy produksiekoste nog daarteen verreken moet word.

“Daar bestaan geen manier dat mielies in Suid-Afrika teen uitvoerpariteitspryse geproduseer kan word nie.”

Brink sê in 'n nuusverklaring die landbou beskik nie oor ‘n prysmeganisme om sy totale produksiekoste plus ‘n winsmarge aan die res van die voedselketting tot by die eindverbruiker deur te gee nie omdat hy ‘n prysnemer en nie ‘n prysmaker is nie. Anders as wat aan die inset- en die uitsetkant van die landbou gebeur, waar feitlik al die rolspelers in die voedselketting, soos die verwerkers, vervaardigers en handelaars hulle pryse self op grond van hulle totale produksiekoste plus ‘n winsmarge kan vasstel, moet produsente die stygings in insetpryse en laer produksiepryse self absorbeer.

Een van die belangrikste realiteite in die bemarking van landbouprodukte in die wêreld  is die feit dat laer produsentepryse nie ‘n ooreenstemmende toename in vraag na voedsel tot gevolg het nie, anders as wat die geval is met meer duursame goedere soos byvoorbeeld selfone, platskerm TV’s of motors. Hierdie probleem staan bekend as die prys-onelastisiteit van die vraag na voedsel en is een van die grootste probleme wat met die produksie van surplusse ondervind word. Mense spandeer ook minder geld aan voedsel soos wat hulle inkomste toeneem en beweeg eerder hoër op in die voedselketting na meer proteïenprodukte wat die vraag na stapelvoedsel ook verder benadeel.

Die invoere van insette teen invoerpariteitspryse skep ‘n groot probleem wat die winsgewendheid van die landbou baie verswak. Tot soveel as 80% van al die insette wat die landbou benodig word, word teen hoë invoerpariteitspryse ingevoer wat aan baie skerp internasionale prysstygings en die verswakking in die wisselkoers onderhewig is. Hierdie is een van die grootste probleme wat die produksie van surplusse, wat teen uitvoerpariteitspryse uitgevoer wil word om voedselpryse te verlaag, maar wat teen invoerpariteitspryse geproduseer moet word, nooit sal kan regverdig nie.

Die produksie van landbouprodukte is benewens groot prysrisiko’s, ook bloot gestel aan baie produksierisiko’s weens ongunstige klimaatstoestande. Een van die belangrikste maniere om hierdie risiko’s te verlaag, is om voedsel net in gebiede met hoë potensiaal grond en gunstige klimaatstoestande te produseer. Mielieprodusente kan nie terug beweeg na die aanplanting van meer hektare in marginale produksiegebiede om surplusse te produseer nie. Die produksie risiko is te hoog en hierdie grond behoort eerder aan mielieproduksie onttrek te word as om te probeer om meer mielies vir die uitvoermark teen groter verliese op hierdie grond te produseer.

Die enigste teenvoeter vir die probleem dat insetpryse oor tyd vinniger as landbouprodukpryse styg en om die winsgewendheid van die landbou te verbeter, lê in die verhoging van die doeltreffendheid van produksie. Mielieprodusente het hul doeltreffendheid oor die jare baie verhoog en bewys dat hulle op die kleiner oppervlakte met die toepassing van produksiepraktyke wat grondvogbewaring verbeter, steeds genoeg mielies onder normale omstandighede vir die binnelandse mark en die omliggende buurlande kan produseer.

Die stelling dat mielies teen ‘n wins uitgevoer kan word laat die vraag ontstaan vir wie se sak is die wins? Want as dit teen ‘n SAFEX-prys aangekoop word en teen ‘n hoër uitvoerpariteitsprys uitgevoer word, is die uitvoerwins definitief nie vir die produsent se sak nie en sal hy ook nie, soos in die ou dae van die Mielieraad, ‘n agterskot kry nie.

Waarom sal ‘n produsent meer mielies wil produseer met al die gepaardgaande risiko wat daaraan verbonde is teen ‘n uitvoerpariteitsprys as hy dit baie meer winsgewend vir die binnelandse mark kan produseer? Watter besigheidsman in enige van die ander bedrywe in die res van die ekonomie sal sy prys vir die binnelandse mark met die helfte verlaag om sy produk vir almal in die land goedkoper te maak?

Die handhawing van voedselsekerheid is nie landbouprodusente se verantwoordelikheid nie. Dit is uit en uit die regering se verantwoordelikheid wat sy vernietigende sosialistiese/kommunistiese ekonomiese en landboubeleid op produsente afdwing en wat voedselsekerheid in die land baie ernstig bedreig. Die regering het dit duidelik gewys dat hy nie die wit kommersiële boere met die gevolge van die droogte wil help nie en in werklikheid nie omgee as die land in hongersnood en groter armoede verval nie! Geen produsent in die wêreld kan voedsel produseer teen pryse wat arm mense kan bekostig nie. Die volhoubaarheid van voedselsekerheid vir die land is slegs moontlik as die produksie van voedsel winsgewend is - daar bestaan nie ‘n ander manier nie.

‘Daarom moet die uitsprake wat gemaak word dat daar doelbewus beplan moet word om mieliesurplusse te produseer deur produsente verwerp word,” sê Brink.

* Mnr. Jannie de Villiers se kommentaar op Brink se verklaring lui: “Die mieliemark is ‘n vrye mark. Produsente moet self besluit hoeveel hulle waar produseer. Graan SA het ten doel om seker te maak dat mielies winsgewend teen uitvoerpariteit geproduseer kan word. Dit doen ons deur goeie navorsing te doen en om produsente met die regte markinligting te voorsien dat hulle die regte besluite kan neem.

“Ons voer samesprekings en beplan saam met insetverskaffers om die winsgewendheid van graanprodusente te verbeter. Graan SA poog om soveel as moontlike markte vir ons produkte te skep (plaaslik en internasionaal) sodat produsente kan voorsien waar hulle die beste pryse kan kry. Dit geld vir surplus- en tekortjare.”

De Villiers sê Graan SA is lank nie meer in die rol om vir produsente voor te skryf hoeveel hulle moet plant nie. “Daardie dae is verby. Die mark sal dit bepaal. Ons hoender-, suiwel- en vleisbedrywe doen aansienlik beter en brei aansienlik uit as ons mielies teen uitvoerpariteit kan verskaf. Teen invoerpariteit is hulle nie kompeterend nie. Graan SA kan nie net beplan asof ons altyd ‘n tekort gaan hê nie. Ons moet planne maak om volhoubaar te bly, selfs teen uitvoerpariteit,” sluit hy af.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Net een lewe doen dit volheid
Ek soek na Liefde en harmonie, Ek is mal oor reís Lief vir golf speel en gym Om met vriende en Familie sosiaal te wees
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot