AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Mielies: Verskans élke jaar – Sturgess

Boere moet elke seisoen bereid wees om minstens ’n deel van hul oes te verskans, is die raad van mnr. Chris Sturgess van die JSE.

Sekere boere het dit reggekry om hulle met termynkontrakte teen die afgelope seisoen se geweldige daling in mieliepryse te verskans, sê mnr. Chris Sturgess, hoof van die JSE se kommoditeitsmark vir afgeleide instrumente.

“Van Januarie tot Februarie was daar byvoorbeeld kans om teen ’n prys van R1000/t hoër as wat hy vandag is, te verskans,” het Sturgess op die Nampo-Oesdag aan Landbouweekblad gesê.

Dít volg op kritiek dat Safex deur ’n paar groot spelers gemanipuleer word, en dat dit die afgelope seisoen, met sy laat reën, haas onmoontlik vir individuele produsente was om hulself met termynkontrakte teen die prysval te beskerm.

Rekord-hoogtepunt

Die witmielieprys het die afgelope jaar en ’n half vanaf ’n rekord-hoogtepunt van meer as R5200/t teen einde 2015 tot die heersende vlak van rondom R1700/t geval.

Sturgess sê die belangrikste is om nou vorentoe te kyk. Markspelers moet gierigheid en vrees opsy skuif, en produsente moet elke seisoen bereid wees om minstens ’n deel van hul oes te verskans. Verpligte en onmiddellike openbaarmaking van in- en uitvoere is ’n belangrike kwessie, sê hy.

Graan SA vra al vir jare vir wetlike regulasies wat bepaal dat in- en uitvoerkontrakte onmiddellik bekend gemaak word, en nie eers as die invoer-mielies in ’n plaaslike hawe land nie.

Doeltreffender mark

“Ons steun openbaarmaking van enige inligting wat die mark doeltreffender kan laat funksioneer,” sê Sturgess.

Hy voeg by daar is bepaalde logistieke uitdagings. Dis baie belangrik dat dié inligting onafhanklik ingesamel word. Die proses moet duidelik en deursigtig wees, en dié wat inligting insamel, moet geen regstreekse belang in verhandeling op die mark hê nie.

Intussen is alle oë op die uitvoer- mark, wat in die afsienbare toekoms die koers van die mielieprys gaan bepaal.

? Lees ook: Bielie-mielie-oes oortref all rekords

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Saam dinge aanpak !
Ek is n eerlikke opregte reguit man Hou nie van komplikasies nie Gryp die bul by die horings Hou van rondry en nuwe plekke plaaslik en oorsee besoek !! Positiewe uitkyk op lewe...
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot