
In 2013 was net 15% van Nederlandse boere van 20 jaar tot 65 jaar enkellopend, teenoor 25% van die werkende mans in die res van die bevolking.
Luidens ‘n berig op RTLNieuws.nl is 'n neiging merkbaar dat boere wat groter boerderye het, eerder getroud as dié met kleiner boerderye. Die meeste boere wat vrygeselle is, is in die Noordoostpolder en die suidweste van Friesland.
Hoe lyk die syfer vir Suid-Afrikaanse boere? Praat saam en lewer kommentaar hieronder, of vul die webopname op ons tuisblad in.
Bron: RTLNieuws.nl