Die verwagte produksie vir koring is 1,637 miljoen ton, 3,40% minder as die vorige skatting van 1,695 miljoen Ton, met ’n verwagte opbrengs van 2,93 t/ha.
In die hersiene oppervlakte- en tweede produksieskatting van wintergewasse vir die huidige produksie-seisoen sê die Nasionale Oesskattingskomitee die verwagte produksie in die Wes-Kaap is 622 750 ton, wat 26 500 ton minder is as die vorige skatting.
Die verwagte produksie in die Vrystaat is 469 200 ton, wat 23 000 ton laer is as die vorige skatting, en in die Noord-Kaap is die verwagte produksie 256 500 ton, wat 5 700 ton laer is as die vorige skatting. Die afname in die verwagte produksie van koring kan hoofsaaklik toegeskryf word aan ongunstige weerstoestande in sommige provinsies.
Skatting vir koring
Die oppervlakteskatting vir koring is hersien tot 558 100 ha, wat 1,80% minder is as die 568 100 ha teenoor die vorige skatting. Die beraamde oppervlakte geplant in die Wes-Kaap is 265 000 ha of 47%, die Vrystaat is 204 000 ha of 37% en 38 000 ha of 7% is in die Noord-Kaap.
Ander gewasse: Die produksieskatting vir moutgars is 225 716 ton, wat 5,60 % of 13 400 ton minder is as die vorige skatting van 239 116 ton. Die oppervlakte beplant is beraam op 82 670 ha, terwyl die verwagte opbrengs 2,73 t/ha beloop.
Die verwagte kanola-oes is 34 000 ton. Die oppervlakteskatting vir kanola is 34 000 ha, met ? verwagte opbrengs van 1,00 t/ha.
27 September 2010