AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4802
0,00
SOYA
05 Okt
-
9140
0,00
SUNS
05 Okt
-
10053
0,00
WEAT
05 Okt
-
7105
0,00
WMAZ
05 Okt
-
4830
0,00
YMAZ
05 Okt
-
4755
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Minimum loon is 'onwelkom'

Landbou-organisasies en ander belanghebbendes het hulle skerp uitgespreek teen die minimum loon vir plaaswerkers wat mnr. Membathisi Mdladlana, Minister van Arbeid, aangekondig het.

Mnr. Japie Grobler, voorsitter van Agri SA, het dit as "onwelkome nuus" bestempel. Hy het gesê terwyl die behoud en uitbreiding van werkgeleenthede nou 'n voorkeursaak is, gaan die minimum loon 'n teenproduktiewe uitwerking hê. Hy sê Agri SA het voorstelle voorgelê wat daarop gemik was om 'n praktiese stelsel te ontwikkel, maar dat weinig daarvan gekom het.

"Nuwe toetreders tot die arbeidsmark, veral dié met min vaardighede, sal in hierdie bedeling moeilik werk in die landbou kry. Dit kon anders gewees het as Agri SA se voorstel dat werksoekers se minimum loon ingevolge 'n leerlingskapsreëling ingefaseer word, aanvaar is."

Hy sê die stelsel van hoër lone in sekere gebiede gaan ook praktiese probleme skep. As 'n boer byvoorbeeld in albei gebiede grond het, sal verskillende lone betaal moet word en sal werkers waarskynlik na die gebied waar hulle meer kry, wil verhuis.

Omdat net 10 % van die loon afgetrek mag word vir die voorsiening van kos, sal boere waarskynlik minder geneë wees om byvoordele te verskaf.

Prof. Lawrence Schlemmer, 'n direkteur van die Helen Suzman-stigting, sê dit is betreurenswaardig dat in 'n brose marksituasie ingemeng word. Hy het in 1997 'n studie oor plaaswerkerlone in KwaZulu-Natal gelei en sê 25 % tot 33 % van alle boere sal sukkel om aan die vereistes te voldoen. "Dit sal beslis tot groter werkloosheid lei." Die gemiddelde lone in 1997 was R440 per maand en met inflasie in ag geneem, sou dit nou ongeveer R600 wees.

Hy sê die 1997-studie het getoon dat die meeste plaaswerkers eerder net hul werk sou wou behou omdat hulle geen ander heenkome het nie.

Mnr. Jack Loggenberg, bestuurder: Arbeid en eiendomsreg van TLU SA, sê die vasstelling is só eensydig dat dit net die arbeidskant in ag neem en sonder twyfel werkloosheid in die hand sal werk. Hy sê die vereistes oor elektrisiteitsvoorsiening, die bykomende administratiewe las wat op boere geplaas word en die aanvaarbaarheid van toordokters se sertifikate is onder meer reëlings wat nie met die werklikheid tred hou nie.

Die NNP vra dat mnr. Mdladlana die praktiese uitvoerbaarheid van sy besluit moet ondersoek. Mnr. Bertie van der Merwe, NNP-woordvoerder oor die landbou, sê sy party is ten gunste van billike vergoeding, maar ander maniere moet gesoek word om armoede onder plaaswerkers te verlig. Hy sê die loonkomponent van die landbou is R9 miljard per jaar en daar is geen manier waarop dit drasties verhoog kan word nie.

13 Desember 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.77
-0.8%
Rand - Pond
20.13
+0.5%
Rand - Euro
17.57
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.7%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,715.78
-0.6%
Silwer
20.66
-1.9%
Palladium
2,260.50
-2.7%
Platinum
921.00
-1.3%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.1%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir lekker lag
Ek is n hardwerkende man wat hou van avontuur en goeie geselskap, n lekker kuier en goeie vriende. Ek is oop vir nuwe dinge in die lewe.
The Real Deal
Well travelled, well spoken and the rest will be well known to you😉 How about a whole new approach to love? Soft spoken with a heart of gold. I'm a breath of...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot