AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
9994,8
-121,20
CORN
20 Mrt
-
4486,2
-14,80
SOYA
20 Mrt
-
9250
-125,00
SUNS
20 Mrt
-
9418
-220,00
WEAT
20 Mrt
-
6595
-44,00
WMAZ
20 Mrt
-
3968
-20,00
YMAZ
20 Mrt
-
4200
-1,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
0,00
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
0,00
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,00
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
0,00
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
0,00
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
0,00
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
0,00
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,00
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
0,00
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
0,00
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,00
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
0,00
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,00
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
0,00
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
0,00
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
0,00
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,00
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
0,00
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,00
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,00
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
0,00
Deel

Minister ontdek self bedrog met grond

‘n Grondtransaksie waarin grondamptenare ‘n “wins” van sowat R30 000 per ha op ‘n plaas in Limpopo sou maak, is deur Minister Gugile Nkwinti self ontdek.

‘n Grondtransaksie waarin grondamptenare ‘n “wins” van sowat R30 000 per ha op ‘n plaas in Limpopo sou maak, is deur die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming self ontdek.

Die koopprys van die plaas sou sowat R5,6 miljoen beloop, oftewel R35 000 per ha, terwyl die boer R4 700 per ha vir sy grond gevra het.

Me. Annette Steyn, die Demokratiese Alliansie se woordvoerder vir grondsake, sê mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, het sy skok oor dié transaksie teenoor haar en ander afgevaardigdes by Agri SA se jaarkongres in Muldersdrift uitgespreek.

Die minister is glo vroeër gevra om ‘n koopkontrak vir ‘n plaas in Limpopo te teken, waarop die koopprys as R35 000 per ha aangeteken is en die totale bedrag sou sowat R5,6 miljoen beloop het.

Heeltemal buitensporig

“Die Minister sê hy het gemeen dié prys is heeltemal buitensporig, en hy het twee amptenare van ‘n ander afdeling van die departement gestuur om weer met die boer te gaan onderhandel. Ná die besoek het die amptenare aan die minister gesê dat die boer nie bewus was van dié prys nie, aangesien hy glo R4 700 per ha gevra het,” vertel Steyn.

Steyn sê sy verwag dat die minister tans die saak binne die departement ondersoek. “Ek gaan wel ook vir hom vrae hieroor vra tydens die voorlegging van sy jaarverslag in die Parlement, waarby die Ouditeur-generaal ook teenwoordig sal wees, op 12 en 13 Oktober.”

Volgens Steyn gaan sy by die minister aandring dat alle grondtransaksies nagegaan moet word, en dat dié waarvoor buitensporige pryse aangeteken is, nagegaan moet word. “Hulle gaan na elke boer van so ‘n transaksie toe moet gaan om seker te maak hoeveel hulle per hektaar gevra het.”

Groenskrif?

Wat die Groenskrif aanbetref, gaan Steyn ook vra dat die minister dié voorval in gedagte moet hou as die beginsel van vrywillige koper en vrywillige verkoper in ag geneem word: “Want dit is, gebaseer op die pryse van grond in die kontrakte, waarvolgens die departement en staat meen die beginsel is nie suksesvol nie.” 

Dr. Theo de Jager, ondervoorsitter van Agri SA, en me. Me. Sandy La Marque, hoofbestuurder van Kwanalu, was ook by die gesprek betrokke en het dié feite aan Landbou.com bevestig.

Lees ook: Meer as 100 plase in Vrystaat vou

8 Oktober 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.56
-0.8%
Rand - Pond
22.63
-1.1%
Rand - Euro
19.77
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.38
-0.7%
Rand - Jen
0.14
-1.9%
Platinum
971.35
+0.3%
Palladium
1,409.26
-0.2%
Goud
1,992.27
+0.2%
Silwer
22.63
+0.2%
Brent-ruolie
72.97
-2.4%
Top-40
67,543
+0.8%
Alle aandele
72,995
+0.6%
Hulpbronne 10
64,651
+2.8%
Industriële 25
97,900
+0.9%
Finansiële 15
14,800
-2.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Versigtiger
Is n buite mens, lief vir die berge en dale. Hou van plekke ontdek en te ervaar. Maar geniet ook n huislike omgewing.
Everyday is a good day
Mmmm hou van braai kamp dans en some net rustig te wees, ek is baie lief vir diere. Vra as jy iets wil weet.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot