AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Ministers moet grens besoek

Die ministers van Verdediging asook Landbou, Bosbou en Visserye gaan hopelik binnekort die Lesothogrens besoek, aldus Vrystaat Landbou.

Die Ministers van Verdediging asook Landbou, Bosbou en Visserye gaan hopelik binnekort die Lesothogrens besoek, aldus Vrystaat Landbou (VL). Mnr. Kobus Breytenbach, voorsitter van die VL se komitee vir veiligheid en sekuriteit, sê die ministers het verlede jaar onderneem om die grens te besoek.

“Dit moet nou so gou as moontlik gebeur. Al is dit môre, sal ons daarby inval, maar dit moet binnekort gebeur,” sê Breytenbach.

Geen kennis oor weermag

Intussen sê Breytenbach en mnr. Henk Vermeulen, uitvoerende hoof van VL, die organisasie het nog geen amptelike inligting ontvang oor die ontplooiing van weermaglede vanaf 1 April langs dié grens nie.

“Ons het uit polisiekringe gehoor dat die beamptes van April af van die grens onttrek gaan word, maar ons het nou ‘n versoek gerig vir ‘n amptelike kennisgewing,” vertel Vermeulen.

Breytenbach sê hulle is nie gemaklik met die bewerings dat die Polisie van die grens onttrek gaan word nie. “Ons soek amptelike bewyse daarvoor, en ons glo dit gaan ‘n leemte laat, want die Polisie en weermag is op die grens nodig”.

Verdere regsake?

Breytenbach sê lede wat langs die grens bly is tans besig om ‘n opname te doen oor dít wat die Vrystaatse regering nog nie langs die grens gedoen het nie. Tydens ‘n skikkingsooreenkoms met die VL in Junie verlede jaar, het die staat onder meer onderneem om ‘n grenspad te bou en te onderhou, asook dat ekstra polisielede langs die grens ontplooi sal word vir patrollies.

Vraghouers is al langs die grens opgerig as punte waarvandaan die Polisie kan patrolleer, maar tydens ‘n onlangse besoek van Landbou.com by een van die vraghouers naby Clarens, was geen beampte by die vraghouer aanwesig nie. Breytenbach sê advokate Bishos en Friedman stel tans dokumentasie oor dié tekortkominge en gevolglik minagting van die hof saam om aan die Regering voor te lê.

“Hulle sal dan ‘n redelike tyd – 14 dae – gegun word om daarop te antwoord, waarna ons sal besluit of verdere regsaksie gaan volg”.

24 Februarie 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot