AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

Misdaad: Boere ‘gatvol’ vir veediefstal

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: LBW-argief
Ter illustrasie. Foto: LBW-argief
Die misdaadkenner David Bayley het in 1994 geskryf dat die polisie nie misdaad voorkom nie. Boere wat raadop met veediefstal is, kan dit beaam.

Bayle het in sy boek Police for the future geskryf dat misdaadkenners en die polisie weet dat die polisie nie misdaad voorkom nie. “Yet the police pretend that they are society’s best defence against crime and continually argue that if they are given more resources, especially personnel, they will be able to protect communities against crime. This is a myth.”

Volgens mnr. Willie Clack, voorsitter van die nasionale forum vir die voorkoming van veediefstal, is bogenoemde ’n akkurate beskrywing van hoe boere oor misdaad voel, veral veediefstal wat steeds die misdaad is wat die meeste in boerderygemeenskappe voorkom.

“Die Afrikaanse woord ‘gatvol’ gee ’n goeie beskrywing van hoe boere voel. Wanneer die publiek verklarings hoor dat die polisie nie oor genoeg hulpbronne of gereedskap beskik nie, moet die publiek in die lig van Bayley se opmerking vra hoe produktief die polisie is, en presteer alle polisielede of is hulle maar net daar om ’n salaris te trek en oor hulpbronne te kla?

“Ondanks hierdie kritiek wil die forum graag alle polisielede bedank vir hul opofferings en hul verbintenis tot die gemeenskappe in landelike gebiede.”

Hy sê in die 2021-’22-boekjaar was daar teenoor die 2020-’21-boekjaar landwyd ’n 5,75%-afname in die aantal veediefstalsake wat by die polisie aangemeld is vanweë ’n afname in veediefstal in veral die Wes-Kaap (32%), die Noord-Kaap (42,7%), die Oos-Kaap (18,68%) en Gauteng (17,3%). Daar was ook ’n geringe afname van 1% in veediefstal in die Vrystaat.

Veediefstal het egter in die ander provinsies met ’n gesamentlike 7% toegeneem, veral in Limpopo waar dit met 11,5% toegeneem het.

Vanaf die 2017-’18-boekjaar tot die 2021-’22-boekjaar is vee ter waarde van meer as R5,8 miljard gesteel. Hiervan is slegs sowat R1,2 miljard se vee teruggevind.

“Dié inligting skets ’n haglike prentjie van die ekonomiese verliese wat die rooivleisbedryf ly. Daar moet in gedagte gehou word dat hoewel minder vee in die afgelope boekjaar as gesteel aangemeld is, het die waarde van vee oor die afgelope jaar met gemiddeld 11% gestyg. Die boerderygemeenskap ly jaarliks ’n verlies van meer as ’n miljard rand weens veediefstal.

“Hierdie syfers is net van toepassing is op aangemelde gevalle: Sowat 80% van veediefstalgevalle word nie aangemeld nie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.03
+0.1%
Rand - Pond
20.93
+0.8%
Rand - Euro
18.72
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.14
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,018.82
+0.8%
Palladium
1,669.18
-0.0%
Goud
1,954.48
+0.2%
Silwer
24.46
+2.0%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,668
-0.1%
Alle aandele
79,864
+0.1%
Hulpbronne 10
74,939
-0.3%
Industriële 25
102,543
+0.0%
Finansiële 15
16,553
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
As jy nie probeer nie sal jy nooit weet nie...¹
LOVE my honde en my kinders. My siels vriende is vir my baie belangrik. Ek steur my nie aan drama nie. Haat shopping centres met ń passie. Alryd aan die kook, bak en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot