AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Misdaadstatistieke: Moord bly kopseer, minder veediefstal

akkreditasie
Mnr. Bheki Cele. Foto: GCIS
Mnr. Bheki Cele. Foto: GCIS
Die jongste misdaadstatistieke is vandag bekend gemaak.

Terwyl veediefstal ’n beduidende afname van 8% toon, het plaasmoorde byna konstant gebly in die eerste kwartaal van die 2021-’22-boekjaar wat strek van 1 April tot 30 Junie 2021.

Mnr. Bheki Cele, minister van polisie, het die jongste misdaadstatistieke bekend gemaak wat aandui dat die stryd teen misdaad in Suid-Afrika nog ver van gewen is.

Moorde het met 66,2 % toegeneem teenoor die ooreenstemmende tydperk in die vorige boekjaar.

Wanneer hierdie syfer met die 2019-’20-boekjaar vergelyk word, het moorde met 6,7% toegeneem.

Van April tot einde Junie 2021 is 5 760 mense in Suid-Afrika vermoor. Dit is 2 294 meer moorde as in die ooreenstemmende tydperk in die vorige boekjaar. Wanneer dit met ’n periode vergelyk word toe daar geen inperking weens covid-19 was nie, sou die styging 362 moorde gewees het, het Cele gesê.

Daar was 15 moorde op plase toe 119 insidente van roof voorgekom het, terwyl 181 aanvalle op plase en kleinhoewes aangeteken is. In die ooreenstemmende tydperk die vorige boekjaar het 14 moorde op plase voorgekom.

Kontakmisdaad wat spesifiek op landbougrond, plase en kleinhoewes plaasgevind het, wat nie as plaasmoorde beskou kan word nie, is 105 sake van moord, 65 van poging tot moord en 283 van aanranding met die doel om ernstig te beseer aangeteken. Die statistieke wys ook daar was altesaam 15 aanvalle op plaaswerkers en/of -bewoners deur die boer of plaasbestuurder. Hiervan is daar twee sake van moord, drie van poging tot moord, vier sake van aanranding met die oogmerk om ernstig te beseer en ses van algemene aanranding.

Veediefstal

Terwyl eiendomsverwante misdade met 6% gestyg het, het veediefstal met 8% afgeneem. Indien die syfer vergelyk word met die pre-covid-19-tydperk, die 2019-’20-boekjaar, sou die afname 13,5% gewees het.

Ses provinsies het afnames in veediefstal getoon, met die Oos-Kaap wat die grootste afname toon met 398 minder voorvalle, oftewel 20,7%, wanneer na die getalle gekyk word. Die Noord-Kaap toon ’n massiewe persentasiedaling van 41% met 165 voorvalle wat voorgekom het. Gauteng toon ‘n afname van 20, Limpopo 46, Noordwes 61, en die Wes-Kaap 58. Die drie provinsies waar daar toenames is, is Vrystaat met 48 voorvalle, KwaZulu-Natal 15 en Mpumalanga 97.

Mnr. Willie Clack, voorsitter van die nasionale veediefstalvoorkomingsforum, sê die syfers is baie interessant, aangesien waar altyd relatief groot probleme hiermee ervaar word, is daar afnames. Hy is nie seker waarom dit so is nie, ook wat betref die groot afname in die Oos-Kaap. Die afname in die Noord-Kaap skryf hy toe aan die droogte en die minder vee in sekere gebiede.

Hy sê daar moet egter ook onthou word dat die inperking bewegingsbeperkings het, wat maak dat mense minder rondbeweeg. “Minder menslike beweging maak dat eiendomsmisdade gewoonlik afneem. Dis opvallend dat dit veediefstal die eiendomsmisdaad is wat kwaai afgeneem het.” Clack glo dat nie almal hul gesteelde vee by die polisie aanmeld nie. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.8%
Rand - Pond
20.18
-1.2%
Rand - Euro
17.73
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.57
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,662.33
+0.1%
Silwer
19.03
+1.1%
Palladium
2,167.00
-1.8%
Platinum
864.26
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot