AFGRI
BEAN
27 Okt
-
7095
80,00
CORN
27 Okt
-
3209,8
77,80
SOYA
27 Okt
-
7180
50,00
SUNS
27 Okt
-
8899
-21,00
WEAT
27 Okt
-
5809
28,00
WMAZ
27 Okt
-
3286
28,00
YMAZ
27 Okt
-
3441
41,00
AMT
Beeste A2/3
22 Okt
-
53,12
-0,01
Beeste AB2/3
22 Okt
-
51,44
0,00
Beeste B2/3
22 Okt
-
49,2
0,00
Beeste C2/3
22 Okt
-
45,11
0,00
Bevrore Hoender
22 Okt
-
29,28
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
22 Okt
-
67,85
0,04
Bokooie
22 Okt
-
44,07
0,10
Groot (meer as 40 kg)
22 Okt
-
40,19
0,13
Hoender (IQF)
22 Okt
-
27,37
-0,01
Medium (30-40kg)
22 Okt
-
54,78
-0,01
Pork Average
22 Okt
-
27,29
-0,01
Poultry Average
22 Okt
-
29,26
0,00
Skaap A2/3
22 Okt
-
82,67
0,00
Skaap AB2/3
22 Okt
-
75,9
0,01
Skaap B2/3
22 Okt
-
70,32
0,01
Skaap C2/3
22 Okt
-
67,22
-0,02
Speenkalf
22 Okt
-
39,87
0,00
Spekvarke
22 Okt
-
27,23
-0,02
Stoorlammers
22 Okt
-
45,23
-0,03
Varkwors
22 Okt
-
22,33
-0,01
Vars Hoender
22 Okt
-
31,13
0,00
Vleisvarke
22 Okt
-
28,17
0,01
Wol (skoon)
22 Okt
-
166,76
-0,02

Model vir gemeenskapgrond hopelik verbeter

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
’n Hersiening van die model hoe gemeenskapseiendomsverenigings bedryf word, sal moet kom.

’n Hersiening van die model hoe gemeenskapseiendomsverenigings bedryf word, sal moet kom met die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling wat ’n moeisame stryd voer om toe te sien dat dié verenigings aan die Wet op Gemeenskapeiendomsverenigings (Wet 28 van 1996) voldoen.

Altesaam 67% (1 016) van die 1 650 gemeenskapseiendomsverenigings in Suid-Afrika voldoen nie aan die nodige vereistes nie en 13% sal glo nooit aan die vereistes kan voldoen nie. Slegs 20% voldoen daaraan.

Mnr. Mandla Mandela, voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het van die probleme uitgelig wat die verenigings ondervind wat meebring dat hulle nie aan die voorskrifte van die wet voldoen nie. Baie hou nie jaarvergaderings nie en komitees word dus nie herverkies nie. Baie het ook beperkte kapasiteit om hul eie finansies te bestuur en daar is ’n groot tekort aan rekenpligbaarheid en deursigtigheid.

Daar is ook uitvoerende besture wat nie oor vaardighede vir besigheidsbestuur beskik nie en ook nie om te besluit hoe die grond gebruik en die gemeenskapsontwikkeling moet plaasvind nie. Wanneer grondoordrag gefinaliseer is, word baie keer gesien dat die grond en die titelaktes nie aan die verenigings oorgedra word nie weens konflik en spanning tussen lede.

Nog probleme

Die departement het probleme uitgelig wat hy met die verenigings ervaar. Mnr. Zandile Zulu, personeelpraktisyn by die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het gesê die probleme by die verenigings verskil na gelang van hul aard, vorm en ekonomiese aktiwiteite wat beoefen word. Daar is meestal ekonomiese aktiwiteite waar inkomste gegenereer word uit huur en dividende uit mynbou, bosbou, wild en toerisme.

Dispute en konflik kom dikwels voor. Daar is nie-voldoening aan die doelstellings van die wet en boonop ontstaan splintergroepe gegriefdes binne die gemeenskapsvereniging.

Hy het gesê die stig van gemeenskapseiendomsverenigings het daartoe gelei dat families en gemeenskappe wat nie verhoudings of ’n gesamentlike geskiedenis gehad het nie, saamgebind is onder die soort struktuur van grondbehoud. Baie keer word die verifikasielys vir begunstigdes betwis en kwesbare groepe soos vroue, jeugdiges en mense met gestremdhede ervaar verblyfonsekerheid. Daar is ook misdadige aktiwiteite wat ontstaan soos bedrog en korrupsie wat deur gierigheid aangevuur word en bates, insluitende vaste bates, wat verkoop word.

Geskikte voertuig?

Me. Manketsi Thlape, ANC-LP, het gesê sekere gemeenskapseiendomsverenigings het nie grond nie. Die departement moet die institusionele en strukturele probleme by die verenigings oplos. Oor die jare was daar nooit voldoende ondersteuning soos beamptes wat gehelp het met ondersteuning, oorsig en monitering van die verenigings nie. Sy bevraagteken of sulke verenigings die regte voertuig is vir begunstigdes van grondhervorming omdat hulle nie die nodige geld het om hulle landelike lewensbestaan te verbeter nie.

Mnr. Jeff Sebape, direkteur vir gemeenskapseiendomsverenigings by die departement, het verduidelik waarom daar verenigings sonder grond is. Voordat die grond aan die begunstigdes van ’n gemeenskap oorgedra word, moet eers ’n gemeenskapseiendomsvereniging gestig word. Soms val die onderhandelinge met die grondeienaar deur die mat en dan is daar nie grond om aan die vereniging oor te dra nie.

Die probleem is wanneer so ’n vereniging geregistreer is, is dit moeilik om dit te ontbind.

Zulu het gesê ’n gemeenskapseiendomsverenigings is ’n grondbesit-entiteit wat grond namens sy lede hou. Die departement het egter agtergekom dat verblyfsekerheid van individuele lede nie verseker is nie.

Daar sal nie van die hele model ontslae geraak word nie, want daar is wetgewing wat die reg gee dat hierdie soort entiteite gestig mag word. Probleme soos bestuurskwessies en die model self moet egter ondersoek word.

Hy het gesê verskeie gemeenskapseiendomsverenigings besit goeie grond en maak baie geld daaruit, maar misbruik die geld en hulpbronne. Die departement het onlangs ’n memorandum van verstandhouding met die Tshwane Universiteit van Tegnologie onderteken om gemeenskapseiendomsverenigings in Gauteng, Noordwes, Mpumalanga en Limpopo onder meer opleiding in finansiële bestuur te gee.

Mnr. Mcebesi Skwatsha, adjunkminister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het gesê dat departement selfondersoek oor gemeenskapseiendomsverenigings sal moet doen.

Die departement moet ’n finansiële verslag oor die verenigings by die komitee indien wat insluit die programme wat toegepas is, watter verenigings hul grond verloor het en ’n vorderingsverslag oor 99 verenigings wat vir titelaktes wag.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.97
-1.0%
Rand - Pond
20.59
-0.6%
Rand - Euro
17.37
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.23
-0.9%
Rand - Jen
0.13
-1.4%
Goud
1,788.63
-0.2%
Silwer
23.98
-0.8%
Palladium
1,983.99
-1.4%
Platinum
1,016.95
-1.2%
Brent-ruolie
86.40
+0.5%
Top-40
60,797
-0.3%
Alle aandele
67,494
-0.2%
Hulpbronne 10
63,048
-0.6%
Industriële 25
87,148
-0.1%
Finansiële 15
14,043
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Happy go lucky
Sense humour witty funny just enjoy being me enjoy each and every day to best I can and take it ad it comes
Kom verdwaal in my oë
Ek is eerlik opreg en het n goeie sin vir humor. I am easy to talk to I'm independent. Ek is spontaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot