AFGRI
BEAN
07 Feb
-
9885
16,00
CORN
07 Feb
-
4639
28,00
SOYA
07 Feb
-
8750
-38,00
SUNS
07 Feb
-
10130
-10,00
WEAT
07 Feb
-
6814
47,00
WMAZ
07 Feb
-
4289
-22,00
YMAZ
07 Feb
-
4425
-19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Moeilik om kosvermorsing te keer

Die vermorsing van kos is wêreldwyd ’n probleem, maar oplossings is nie maklik nie.

Die vermorsing van kos is wêreldwyd ’n reuse uitdaging, maar dis nie ’n maklike probleem om op te los nie, meen dr. Holger Matthey van die Verenigde Nasies se Voedsel­ en Landbou-organisasie (FAO).

Die organsiasie se millennium-ontwikkelingsdoelwitte het voedselonsekerheid op internasionale vlak tussen 2000 en 2015 van 23,5% na 12,9% verminder. Tans probeer hulle ’n algehele einde aan honger te bring deur 17 volhoubaarheidsontwikkelings-doelwitte te volg, het Matthey tydens die Buro vir Voedsel­ en Landboubeleid (BFAP) se vooruitskouing tot 2025 naby Wellington gesê.

In Afrika suid van die Sahara is meer as 220 miljoen mense ondervoed, maar tot ’n derde van alle kos wat vir menslike verbruik geproduseer word, word wêreldwyd vermors. Dit kom neer op sowat 1,3 miljard ton kos per jaar.

“ ’n Mens moet verstaan waar die werklike geleenthede is om voedselvermorsing te keer,” meen Matthey. Hy sê as minder kos in byvoorbeeld Europa op die afvalhoop beland, sal dit nie noodwendig honger mense in byvoorbeeld Afrika help nie.

Terseldertyd probeer al die skakels in die waardeketting so doeltreffend as moontlik funksioneer. “Iemand wat te vinnig met ’n vrag koring ry, verloor dalk baie koring langs die pad, maar hy tree op ’n individuele vlak doeltreffend op, omdat hy andersins nie betyds by die hawe gaan wees om sy vrag af te laai nie. Net so is dit dalk op samelewingsvlak ’n vermorsing, maar dis meer doeltreffend vir ’n supermark om verlepte blaarslaai weg te gooi, as om die risiko in die gesig te staar dat hulle in die koerante beland vir die swak gehalte van hul produkte.”

Volgens hom moet daar na oplossings gesoek word wat sosiaal aanvaarbaar en doeltreffend is. “Die FAO is nog besig met ’n studie en kan nog nie met sekerheid sê dat dit ’n vermindering in die vermorsing van kos sal help om kospryse te laat daal nie. Daar is internasionale koalisies wat hierna kyk, maar hulle het nog nie ’n oplossing nie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.63
+0.2%
Rand - Pond
21.13
+0.5%
Rand - Euro
18.88
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.5%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Platinum
967.43
-0.7%
Palladium
1,581.77
-1.1%
Goud
1,870.55
+0.2%
Silwer
22.25
-0.1%
Brent-ruolie
80.99
+1.3%
Top-40
73,337
-0.2%
Alle aandele
79,417
-0.2%
Hulpbronne 10
74,490
+0.5%
Industriële 25
102,635
-0.5%
Finansiële 15
16,259
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons geniet ons geluk en vreugde saam.
Ek het n aangename en sterk persoonlikheid. Ek is n omgee mens wat altyd net die beste wil gee en doen. Ek het n goeie humorsin en is baie lief vir die natuur. Ek hou van goeie...
Kom ons gesels en kyk wat gebeur.
Ek is ñ baie optimistiese mens met baie liefde om te gee. Soek my beste vriend vir wie ek lief kan wees. ❤️
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot