AFGRI
BEAN
05 Okt
-
8995
-21,00
CORN
05 Okt
-
4904
24,00
SOYA
05 Okt
-
9230
-35,00
SUNS
05 Okt
-
10250
40,00
WEAT
05 Okt
-
7200
31,00
WMAZ
05 Okt
-
4865
35,00
YMAZ
05 Okt
-
4867,6
11,60
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Moeilike besluite wag vir die winter

In droogtetyd is die winter veral grootvee se grootste vyand, sê mnr. Piet Warren, ’n bees- en wildboer van Gravelotte.

Groter diere se ekstra liggaamsgewig verg te veel energie om warm te bly gedurende die winter en droogte, verduidelik mnr. Piet Warren van Gravelotte.

Hy onthou hoe daar in die winter van 2007/’08 byna 1 000 koedoes in die Selati-natuurreservaat gevrek het. “Al die groot bulle en koeie is dood. Net jong bulletjies en nie-dragtige verse het oorgebly. Dit was nie eens besonder droog nie, maar wel baie koud.”

Warren sê as enige bevolking, of dit nou wild of beeste is, droogtedruk ervaar en daarmee saam koue moet verduur, vrek die dragtige koeie en dié met kalwers wat soog eerste en kort op hul hakke is die groot bulle en daarna begin die klein kalfies vrek.

Die laastes wat vrek is die jong bulletjies en nie-dragtige verse, wat minder liggaamsenergie benodig as die groot bulle en die dragtige koeie en die kalwers.

Kry kalwers deur

Sy raad aan boere met te min voer om hul koeie met kalwers deur die winter te kry, spruit uit ’n plan wat ’n boer in die Gravelotte-omgewing tydens die droogte van die 1960’s gemaak het om sy kudde te red. Dit verg egter moeilike besluite en daadwerklike optrede, sê hy.

“Speen ál jou kalwers dadelik en slag die koeie en verse wat nou dragtig is. Dit is nie maklik of lekker nie, maar as jy hulle nou slag en die vleis verkoop, kry jy darem geld wat jy nodig gaan hê om jou ander beeste deur te trek. As jy dit nie doen nie, gaan hulle nie die winter oorleef nie.

“Voer nou jou babakalwers in ’n kraal ’n hoëproteïenvoer tot hulle mooi vreet en ongeveer 140 kg weeg. Laat hulle dan soggens om 10:00 uit die kraal en bring hulle weer 15:00 in waar hulle dan ’n mengsel van 45% hoendermis, 45% mieliesemels en 10% hoëproteïenkonsentraat kry om te vreet.”

Laat jou koeie so lank moontlik op die gras wei en gee vir hulle ’n produk, soos Vibrac se Browse Plus (reg.no. V11013, Wet 36 van 1947) in hul drinkwater. Sorg dat jy jou koeie se liggaamsgewig met nie meer as ’n derde verminder nie voor dit koud word. Voer hulle in die kraal ’n 50/50-mengsel van hoendermis en ruvoer.

Ruvoer

In die noordelike Laeveld beveel Warren aan dat ’n mens mopaniboompies van dunner as 25 mm met ’n panga afkap en opkap vir ruvoer, maar boere in ander gebiede kan rosyntjiebos – of wat ook al tot hul beskikking is – gebruik.

Maak seker dat koeie twee derdes van hul oorspronklike gewig behou en nie te maer word nie. Intussen moet boere aanhou om vir hul bulle goeie kos te gee. “Nou moet jy die weer dophou, en as dit hier by Augustus/September lyk of die El Niño-droogte gebreek is en daar reën op pad is, moet jy jou koeie weer beter voer sodat hulle gewig optel en jy hulle by die bulle kan sit. As die reën in Oktober kom, het jy die droogte oorleef en het jy ’n kraal vol dragtige koeie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.74
-0.6%
Rand - Pond
20.21
+0.1%
Rand - Euro
17.62
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.49
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,713.39
-0.8%
Silwer
20.66
-1.9%
Palladium
2,298.00
-1.1%
Platinum
924.50
-1.0%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,304
-0.9%
Alle aandele
65,731
-0.9%
Hulpbronne 10
63,394
-1.8%
Industriële 25
79,621
-0.6%
Finansiële 15
14,023
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opskrif
Ek is fun Om mee SAAM te wees. Hou van lag en Om te bederf. Hou van Kos maak, movie, shopping, uit eet, rond te loop in malls love Dans rugby braai . Om te hug hande vas the Hou...
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot