AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Moeilike ekonomie stuit Zeder nie

Aandeelhouers in Zeder kan uitsien na die styging van 64% in die jaarlikse dividend.

Zeder-aandeelhouers het rede om te glimlag nadat die beleggingsmaatskappy aangekondig het sy jaarlikse dividend het met 64% gestyg tot 9c per aandeel. Dit was 5,5c verlede jaar.

Die maatskappy se herhalende wesensverdienste het boonop met 20% tot 42,4c per aandeel gestyg.

’n Daling van 21% in Pioneer Foods se aandeelprys het druk geplaas op Zeder se som-van-die-dele (SVDD) per aandeel. Zeder se belang van 27,2% in Pioneer Foods is die maatskappy se grootste belegging en verteenwoordig meer as 60% van sy portefeulje.

Die SVDD  (met ander woorde die markprys van sy JSE-genoteerde beleggings en die markverwante waardasies van sy ongenoteerde beleggings) het met 13% tot R8,03 geval op 29 Februarie. ’n Maand later het dit darem ietwat verbeter tot R8,37 per aandeel.

Drie jaar gefokus

Volgens mnr. Norman Celliers, uitvoerende hoof van Zeder, het hulle die afgelope drie jaar gefokus op die vermeerdering van volhoubare herhalende verdienste en winste.

“Die moeilikste die afgelope jaar was om seker te maak dat ons nie te veel blootgestel word aan sekere elemente nie. Ons moes seker maak ons skuldvlakke is reg, ons lees die weersomstandighede reg en dat ons kostestruktuur werklikwaar binne ons beheer was. Ons volg ’n strategie genaamd Projek Interne Fokus. Dit het baie van hierdie aspekte aangeroer en gehelp om ons portefeulje goed te navigeer.”

Zeder besit onder meer belange in Capespan, Kaap Agri, Quantum Foods en Zaad, wat almal bygedra het tot die winste. Een uitsondering was Agrivision.

Divers genoeg

“Ons portefeulje is divers genoeg is om as totale pakkie bevredigend op te tree. Ons het beslis ook negatiewe nuus gehad, soos die kopwinde in Zambië, maar ons het weer die wind van agter gekry met sekere uitvoergeleenthede. Die pakkie het homself dus gebalanseer.”

Die swak rand het Capespan effens gepootjie en ten spyte van stewige bedryfsresultate, het die maatskappy ’n beskeie 8% in herhalende wesensverdienste vir die jaar tot Desember behaal. Kaap Agri se wesensverdienste het met 16% gestyg vir die jaar tot September. Zaad, die saadmaatskappy, se herhalende wesensverdienste het met 20% gestyg vir die jaar tot Februarie.  Quantum Foods het ’n styging van 390% in sy wesensverdienste bekend gemaak.

Agrivision, die beleggingsarm in Zambië, het ’n netto wins van $1,9 miljoen (R28 miljoen) van aangeteken, maar dis geneutraliseer deur eenmalige items en ’n dramatiese verswakking in die Zambiese geldeenheid. Dit het gelei tot ’n wesensverdiens van $7 miljoen (R103 miljoen) vir die jaar.

Celliers voorspel dat die volgende jaar of twee nie noodwendig beter gaan wees nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.94
+0.7%
Rand - Pond
19.33
-0.0%
Rand - Euro
17.27
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.60
+0.6%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,636.66
+0.9%
Silwer
18.69
+1.9%
Palladium
2,121.00
+3.8%
Platinum
862.50
+1.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lief vir die lewe
Introvert. Dry sence of humor. [geskrap] Hou van buite lewe. [geskrap]Braai stap bos en see. Hou van land deur toer op n motorfiets[geskrap]
Time wait for no man.. neither does a good woman
Sageaarde romantiese hardwerkend Soek n lewensmaat om die lewe mee te geniet want die lewe is Kort ons Moet dit leef
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot