AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Mokonyane sal sorg vir Wes-Kaapse hulp

Die Wes-Kaap sal gehelp word om die droogte die hoof te bied, ten spyte van finansiële beperkings by die Departement van Water en Sanitasie.

Sy gaan nie arms gevou sit en toekyk dat die mense van die Wes-Kaap ly omdat daar nie geld in die Departement van Water en Sanitasie se begroting is om hulle te hulp te snel nie.

Dít is die boodskap wat me. Nomvula Mokonyane, Minister van Water en Sanitasie, aan die Parlement se portefeuljekomitee vir water en sanitasie oorgedra het. Mokonyane word voortdurend oor die kole gehaal oor oormatige bestedings, hoewel die departement se teikens nie bereik word nie.

Me. Tarnia Baker, DA-LP, het die departement by ’n komiteevergadering aangevat omdat hy veronderstel is om meer met minder ver vermag, maar hy doen minder met meer.

Oor begroting

Die departement se begroting is met R18 miljoen oorbestee, maar slegs 47% van sy teikens is bereik.

Die vlymskerp Mokonyane het gou uitgewys dat hulle 47% van hulle teikens bereik het in ’n hoogs uitdagende tyd.

“Ons het ’n droogte gehad en hiermee kan nie goedkoop politiek gespeel word nie. ’n Ernstige uitdaging staar ons ook nou in die Wes-Kaap in die gesig.”

Die departement het meer as R200 miljoen nodig om die situasie in die provinsie te hanteer.

“Moet ek my arms vou, want ek moet sommige van die hulpbronne herprioritiseer?” het sy aan die komitee gevra.

Sy het verwys na die noodbouwerk wat in die Theewaterskloofdam gedoen moet word om van die laaste oorblywende water met ’n kanaal na die pomptoring te herlei.

Die wal en ’n kanaal sal gebou word om water van die een kant van die dam onderdeur die brug van die R321-pad tussen Grabouw en Villiersdorp na die pomptoring te laat vloei. “Daar is nie hiervoor beplan nie. Wat sou julle doen?”

Dankbaar

Sy het gesê die komitee moet eerder as om vas te kyk aan die teikens wat nie in die moeilike tyd bereik is, dankbaar wees dat daar nie in die drie jaar van erge droogte baie mense omgekom het van siektes wat deur besoedelde water oorgedra word nie.

Daar was verliese van vee, maar met die hulp van die Departemente van Landelike Ontwikkeling en Landbou, Bosbou en Visserye, is daar saamgewerk om baie diere te red.

Die swak winterreën bied nou ’n verdere uitdaging vir die Wes-Kaap. “Ons gaan nie dat die mense van die Wes-Kaap swaarkry nie, alhoewel daar nie nuwe geld by die begroting gaan bykom nie.

“Ons sal moet kyk wat daar is en ingryp.”

Sy het benadruk dat wat die Wes-Kaap deurmaak ’n probleem vir die hele land is en dat die boere en die gemeenskappe in die provinsie alle hulp moontlik moet kry.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
+0.3%
Rand - Pond
22.28
+0.6%
Rand - Euro
19.61
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+1.7%
Platinum
969.15
+1.0%
Palladium
1,436.92
+1.4%
Goud
1,962.59
-0.6%
Silwer
23.30
-0.1%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,865
+0.6%
Alle aandele
76,480
+0.6%
Hulpbronne 10
66,658
+0.3%
Industriële 25
103,311
+1.0%
Finansiële 15
15,614
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kuier lekker saam
Ek hou van musiek, braai, kuier met vriende, kamp, ens. Tipiese introvert kom daar tye waar ek bietjie alleen tyd nodig het, en ek gun dieselfde vir my vriendin. Ek werk hard en...
Ant
Oopkop en standvastig. Onafhaklikheid belangrik vir my. Doen nie drama nie. Lewe te kort om te mors op dinge en mense wat jou nie gelukkig maak nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot