AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Momentum bou teen landelike misdaad

Landelike veiligheid, die vuurwapenwet, plaasmoord en reserviste was op die agenda in ’n vergadering tussen Agri SA en die SAPD.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se voorneme om die bestryding van landelike misdaad ’n voorkeursaak te maak het nuwe momentum gekry toe kwessies soos ’n nasionale beraad oor plaasmoorde, vuurwapenwetgewing, die rol van reserviste en misdaadstatistiek met Agri SA bespreek is.

Die vergadering in Pretoria tussen die Polisie se nasionale bestuur en Agri SA volg na ’n soortgelyke onlangse vergadering met die burgeregte-organisasie AgriForum. Lt. genl. Kgomotso Phahlane, waarnemende polisiekommissaris, het tydens ’n nuuskonferensie ná die vergadering gesê dit het nie net oor klagtes gegaan nie maar oor konkrete voorstelle.

Die beplande beraad oor plaasmoorde met alle belanghebbendes sal handel oor hoe die bestaande strategieë versterk kan word en die implementering van aanbevelings.

Agri SA het gevra dat vuurwapeneienaars wat nagelaat het om hulle vuurwapenlisensies te hernu se wapens nie as onwettig verklaar moet word nie. Die Polisie het aangedui dat hulle kyk na wysigings aan die wet en het Agri SA aangemoedig om met voorstelle te kom.

Albei partye was dit eens dat die landelike veiligheidstrategie, sektorpolisiëring en reserviste onontbeerlike elemente van misdaadbestryding in landelike gebiede is. Lt.genl. Gary Kruser, adjunk-kommissaris van die bestuursingrypingsafdeling, het gesê van die praktiese kwessies wat bespreek is, is tekortkominge in die landelike veiligheidstrategie, hoe polisiëringsmodelle vir landelike gebiede aangepas kan word en wat ’n werkbare model vir ’n reserviste-stelsel in landelike gebiede kan wees.

Agri SA het gevra daar moet dringend gekyk word na die behoorlike vestiging van die reservistestelsel in al die provinsies om die Polisie se hand te sterk en gevra of die vereistes in landelike gebiede nie te streng is nie.

“Alles wat bespreek is sluit aan by ons nuwe benadering om die basiese dinge regte doen soos meer sigbare polisiëring, deeglike misdaadondersoeke en beter insameling van misdaadinligting,” het Phahlane gesê. Hy sê die Regering se aankondiging dat misdaadstatistiek kwartaaliks beskikbaar gestel gaan word, sal help om misdaadtendense vinniger te identifiseer en daarteen op te tree.

Mnr. Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA, het gesê daar was ’n uitstekende gees van samewerking en daar sal voortaan op meer gereelde vlak ontmoetings wees om oplossings te vind oor kwessies wat landelike veiligheid raak.

Oor spanning op grondvlak in sommige gebiede tussen plaasgemeenskappe en die Polisie het Phahlane gesê die ontmoeting met Agri SA getuig van die erns om sulke probleme uit die weg te ruim.

“Die spanning spruit gewoonlik voort uit frustrasie, maar daar is ook talle suksesverhale waar die Polisie en gemeenskapspolisiëringsforums uitstekend saamwerk,” het Van Zyl gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.80
-1.0%
Rand - Pond
20.13
+0.5%
Rand - Euro
17.62
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.48
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,712.82
-0.8%
Silwer
20.29
-3.7%
Palladium
2,262.31
-2.6%
Platinum
921.88
-1.2%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,299
-0.9%
Alle aandele
65,692
-0.9%
Hulpbronne 10
63,603
-1.5%
Industriële 25
79,538
-0.7%
Finansiële 15
13,965
-0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Natuurliefhebber
Alles in natuur , kamp wildtuine road trips tent chalets . Wil eerlikheid he , vrede vreugde en geluk met n gebalanseerde verhouding en moet mekaar kan ondersteun deur dik en dun
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot