AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Monsanto staan nie in vir spuitkoste

Monsanto is nie bereid om toedieningkoste óók te betaal as Bt-mielies skade weens stronkboorders opdoen nie.

Monsanto is nie bereid om vir ’n boer se toedieningkoste óók te betaal as sy Bt-mielies ondanks die regte toevlugsgebiede skade weens stronkboorders opdoen nie.

“Ons besef dit is ’n netelige saak, maar as ons vir alles betaal, kan dit ruimte vir misbruik skep en kan bespuitings onnodig gedoen word,” het mnr. Andrew Bennett, Monsanto se tegniese ontwikkelingshoof vir Afrika, by navraag gesê. Monsanto betaal wel die koste van die chemiese middel wat in só ’n geval toegedien word.

Landbouweekblad het navraag gedoen nadat boere op Graan SA se kongres ontevrede was met Monsanto se weiering om die spuitkoste ook te betaal. Mnr. Willie Linde, hoofbestuurslid, het gesê hy meen Monsanto behoort op dié manier rentmeesterskap vir sy eie tegnologie te aanvaar.

“Ek is ongemaklik daarmee dat hulle al die verantwoordelikheid op die boer afskuif,” het Linde gesê. Die betrokke kultivar is MON810 wat met die Bt-geen stronkboorders bestry. Teen Februarie moes 44 000 ha van dié mielies, waarvan sowat 1 miljoen ha in totaal vanjaar aangeplant is, teen stronkboorders bespuit word.

Kultivar net 95% doeltreffend
Bennett het by navraag gesê toe MON810 na Suid-Afrika gebring is, was dit al bekend dat dié kultivar net sowat 95% doeltreffend is en dat daar nog altyd ’n weerstand van 5% was. In handleidings is benadruk dat dit van tyd tot tyd nodig sou wees om te spuit.

Toe weerstand later toenemend kop uitsteek, het Monsanto aangebied om vir die chemiese middel te betaal, in ’n poging om weerstandbiedende bevolkings te help uitwis. Intussen is die nuwe kultivar MON89034 beskikbaar gestel. Daar was vanjaar nog geen klagtes van stronkboorderskade op dié aanplantings nie, sê Bennett.

Monsanto meen egter dit sou verkeerd wees om nou al MON810 van die mark te onttrek, omdat dit in sowat 95% van die nasionale aanplantings nog goed werk. Bennett het bygevoeg een van die groot redes waarom daar toenemend weerstand voorkom, is omdat baie boere in die verlede nie die korrekte toevlugsgebiede aangeplant het nie, ten spyte van herhaaldelike kommunikasie daaroor.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.76
-0.7%
Rand - Pond
20.17
+0.3%
Rand - Euro
17.62
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.49
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,712.12
-0.8%
Silwer
20.47
-2.8%
Palladium
2,307.57
-0.6%
Platinum
924.38
-1.0%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,385
-0.8%
Alle aandele
65,792
-0.8%
Hulpbronne 10
63,612
-1.5%
Industriële 25
79,755
-0.4%
Finansiële 15
13,975
-0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Met n kitaar in die hand en liefde in my hart
Ek is vriendelik en n aangename mens om mee tyd te spandeer en is altyd besig om te lag. Ek stel altyd belang om te luister na ander se lewens stories
Time wait for no man.. neither does a good woman
Sageaarde romantiese hardwerkend Soek n lewensmaat om die lewe mee te geniet want die lewe is Kort ons Moet dit leef
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot