AFGRI
BEAN
29 Sep
-
9347
7,00
CORN
29 Sep
-
4790
13,00
SOYA
29 Sep
-
9420
59,00
SUNS
29 Sep
-
10200
226,00
WEAT
29 Sep
-
7099,4
28,40
WMAZ
29 Sep
-
4885,4
3,40
YMAZ
29 Sep
-
4853,8
25,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Mooigezicht is Boer van die Jaar in W-Kaap

Die Wes-Kaap se Boer van die Jaar is die Mooigezicht-boerdery van die Hexriviervallei, die eerste uitvoerder van SA tafeldruiwe na Japan.

Op die Wes-Kaap se tak van Landbouskrywers SA is die Mooigezicht-boerdery van die Hexriviervallei, as die Boer van die Jaar aangewys. Prof. Louw Hoffman van die Universiteit Stellenbosch is die Landboukundige van die Jaar vir sy navorsing oor vleis en mnr. Ralph Swart van Elim is die Nuwe Toetreder tot die Kommersiële Landbou. Swart het van ’n klein boerdery op 4 ha tot ’n volwaardige kommersiële boer ontwikkel.

* Die Mooigezicht-boerdery van die Hexriviervallei, die eerste uitvoerder van Suid-Afrikaanse tafeldruiwe na Japan en die top-tafeldruif handelsmerk in China, is Landbouskrywers SA se Wes-Kaapse Boer van die Jaar 2014.

Die boerdery behoort aan die Rossouw-familie en mnr. Francois Rossouw, kleinseun van Oom Fanie Rossouw (die eerste eienaar), is tans die besturende direkteur.

Toe Francois in 1991 by die boerdery aangesluit het, het dit uit vier boerdery-eenhede bestaan met 100 ha wingerd onder tafeldruiwe en byna 300 000 uitvoerkartonne van 4,5 kg is jaarliks geproduseer. Vandag bestaan Mooigezicht uit tien plase – almal binne 10 km van mekaar – van altesame 538 ha en met 300 ha onder tafeldruiwe. In 2011 het die boerdery meer as 1,2 miljoen uitvoerkartonne tafeldruiwe geproduseer.

Die boerdery se omset het in ’n tydperk van tien jaar met meer as 200% gestyg. In 1991 het Mooigezicht net gepitte kultivars geproduseer. Deesdae is 97% van die boerdery se kultivars pitloos vanweë veranderinge in die verbruikersvraag. Die boerdery was die eerste Suid-Afrikaanse produsent wat tafeldruiwe van vier kleure (rooi, pienk, wit en swart) in een “punnet” verpak het. Nog baanbrekerswerk by Mooigezicht is dat hy die eerste SA tafeldruifprosent is wat Mandaryns (Chinees) en Arabies op sy verpakking gebruik.

Mooigezight glo in sy mense: Tot sowat 1 500 mense werk vir Mooigezicht in produksietyd aangesien die produksie van tafeldruiwe een van die mees arbeidsintensiewe boerderypraktyke is. Sowat 235 gesinne woon in huise op die verskillende plase. Mooigezicht verskaf al die munisipale dienste vir die 235 woonhuise van werkers. Slegs koopkrag is vir eie rekening van die inwoners.

Die arbeidstakings in 2012 en 2013 het Mooigezicht se bestuur en werkers net meer gemotiveer om op alle terreine belegging te versnel. Die boerdery het ná die stakings sy opleidings- en ontwikkelingsprogram vir sy werkers verder uitgebrei, die beskikbaarheid van beurse vir naskoolse studies vir die kinders van sy werknemers vergroot, daar is voortgegaan met die bou van nuwe huise ongeag strenger arbeidswetgewing, loonverhogings is hoër as die minimum en die belegging in landbougrond, infrastruktuur, voertuie, werktuie en tegnologie in alle fasette van die boerdery is versnel.

* ’n Man wat internasionaal gereken word as ’n wêreldleier oor sy navorsing op vleis, prof. Louw Hoffman, is die Wes-Kaap se Landboukundige van die Jaar. Hoffman is ’n hoogleraar in vleiskunde by die departement veekundige wetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch.

Hy was verlede jaar grootliks in die nuus (plaaslik en internasionaal) oor ’n kwessie wat mense aan die praat gehad het: Dit was die bekendmaking van Hoffman en sy studente se studies rondom die verkeerde etikettering van vleis. Danksy dié navorsing is beleid en wetgewing ingestel om te verseker dat die etikette die regte inligting bevat, insluitend die land van oorsprong vir ingevoerde vleis.

Suid-Afrikaanse veeboere is regstreeks bevoordeel aangesien die invoer van goedkoper vleis nie meer so maklik is nie en ook nie meer as plaaslik geproduseerde vleis verkoop mag word nie. Die Parlement en die Nasionale Verbruikerskommissie het kommissies van ondersoek ingestel om te kyk na die vleisbedryf se standaarde ten opsigte van etikettering en die inhoud van produkte. Daardeur het Hoffman in sy doel met die bekendmaking van die studieresultate geslaag om seker te maak dat die bedryf self ‘n slag ’n behoorlike soeklig op hul standaarde en praktyke laat val.

Hy werk nou saam met produsente van wildsvleis, verwerkers en uitvoerders daarvan. Dit sluit in volstruisvleisuitvoerders. Sy navorsing het hulle in staat gestel om die Europese en internasionale mark te betree wanneer die invoerlande wetenskaplike bewyse soek dat die voedingswaarde van die wilds- en volstruisvleis (asook die volhoubare produksie daarvan) aan internasionale standaarde voldoen.

Van sy huidige navorsing wat baie waardevol vir boere sal wees, is die kwantifisering van die smaak van lamsvleis – wat byvoorbeeld sal bewys dat Karoolam wel anders smaak as lamsvleis van ander streke. Hy en sy span navorsers verfyn metodologië wat dit sal moontlik maak dat vleis ingevolge ‘n Plek van Oorsprong geïdentifiseer kan word.

Hy word gereeld genooi om op konferensies, boeredae en kongresse (plaaslik en internasionaal) te praat.

* Mnr. Ralph Swart, van Elim, is die Wes-Kaap se Nuwe Toetreder tot die Kommersiële Landbou. Swart het in 1975 op 4 ha begin boer, en een koei en 10 skape aangehou. Vandag boer hy op 1 280 ha wat hy van die Morawiese Kerk op Elim huur, en hy het vroeër vanjaar ’n plaas van 950 ha by Stormsvlei gekoop. Die aankoop van dié plaas is ’n lewenslange ideaal wat hy gekoester het.

Sowat 770 ha van die plaas is geskik vir die verbouing van koring, kanola en gars, en die res as weiding.

Swart het in 2000 na bewaringsboerdery oorgeskakel ná ’n besoek aan Europa, waar hy gesien het bore daar werk. Van sy gewasbverbouing in 2104 is: 220 ha koring met ’n verwagte gemiddelde opbrengs van 3,2 t/ha; 100 ha gars met ’n verwagte gemiddelde 3,5 t/ha); 250 ha korog (verwagte gemiddeld is 2,5 t/ha) en 40 ha gars (verwagtegemiddelde opbrengs is 2,2 t/ha).

Hy het ook 1 500 Dohne Merino kruisras-ooie en 140 Bonsmara koeie.

Swart se vrou, Preline, en twee seuns, Jacques and Leaan, is regstreeks by die boerdery betrokke.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.96
-0.7%
Rand - Pond
19.94
-2.6%
Rand - Euro
17.60
-1.3%
Rand - Aus dollar
11.66
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,659.71
-0.0%
Silwer
18.82
-0.4%
Palladium
2,201.50
+2.4%
Platinum
868.00
+0.2%
Brent-ruolie
89.32
+3.4%
Top-40
56,921
-0.9%
Alle aandele
63,264
-0.9%
Hulpbronne 10
59,793
+3.2%
Industriële 25
76,769
-2.3%
Finansiële 15
13,707
-2.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Geloof, Hoop, Liefde
Ek is sag en liefdevol, n omgee en hartsmens, wat lief is vir die natuur, diere, kinders en oumense. Ek hou van lag, selfs vir myself en kan lekker jonk van gees wees en steeds...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot