AFGRI
BEAN
19 Okt
-
6607
0,00
CORN
19 Okt
-
3076
-9,00
SOYA
19 Okt
-
7162
-43,00
SUNS
19 Okt
-
10700
50,00
WEAT
19 Okt
-
5730
-12,00
WMAZ
19 Okt
-
3186,4
-13,60
YMAZ
19 Okt
-
3300
-15,00
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Moontlik verband tussen ontwapening en onteiening?

akkreditasie
Foto: Lucas Potgieter
Foto: Lucas Potgieter
Die moontlikheid dat die ontwapening van wetsgehoorsame burgers ’n voorloper tot onteiening sonder vergoeding of die afdwing van staat se voogdyskap oor grond kan wees, kan nie net as ’n samesweringsteorie afgelag word nie, meen me. Helen Zille, voorsitter van die DA se federale raad.

“Oor die jare het ek geleer om enigiets van die ANC te verwag. Niks skok my meer nie en geen moontlikheid is verregaande nie,” het sy op ’n vuurwapenberaad van die party gesê. Verskeie organisasies het aan die beraad deelgeneem om hul teenkanting teen die regering se voorstelle oor wysigings aan die vuurwapenwet uit te spreek.

Sy glo dit is net nog ’n poging deur die regering om Suid-Afrikaners se regte en vryhede weg te kalwe.

Zille het gesê ’n grondwetlike demokrasie beteken dat mense inherente regte het wat die regering nie van hulle kan ontneem nie. “Die regering moet hierdie regte beskerm. Dit is nie gunste wat daar vir die regering is om na goeddunke uit te deel nie. Die regering moet verantwoording doen aan sy mense en as hy nie mense se regte kan beskerm nie, moet hulle dit self kan doen.”

Mnr. Paul Oxley, voorsitter van Gun Owners SA, het gesê Suid-Afrika beweeg ál meer in die rigting waar inwoners geen regte of voorregte het nie tensy die regering dit toeken. “Ons glo elkeen het ’n uitdruklike reg om ’n vuurwapen te besit om homself mee te beskerm. Mense het ’n reg op lewe en het ook die reg om hul eie lewens te beskerm op die doeltreffendste manier. Ons beskerm ons eiendomme deur hoë mure, elektriese heinings en gewapende reaksiemagte en almal aanvaar dit as normaal. Ons het nie die regering se toestemming nodig om gevegskuns te leer, of pepersproei en ’n knuppel te dra nie. Hoekom het die staat dan die reg om ons te ontwapen?”

Hy het gesê die bevolking moet weer besit neem van die demokrasie en vir die regering sê hoe om te regeer. “Hulle regeer omdat ons hulle daartoe in staat stel. Hierdie gaan oor baie meer as net die eienaarskap van ’n wapen. Hierdie gaan oor die behoud van ons demokrasie.”

Hy het beklemtoon dat Suid-Afrikaners op alle vlakke uiters ontsteld is oor die voorstelle. “Taxiverenigings sê vir ons 99% van hul drywers het gelisensieerde vuurwapens vir selfverdediging, veral omdat hulle gewoonlik met kontant werk.”

Volgens mnr. Andrew Whitfield, die DA se skaduminister vir polisie, is sowat 30 000 vuurwapens in die afgelope 15 jaar uit die polisie se besit gesteel. Dit is nie duidelik hoeveel hiervan wapens is wat burgerlikes in die amnestietydperk ingedien het nie.

“Vir die polisie is die voorgestelde wetgewing ’n maklike uitweg om eerder van wetsgehoorsame burgers misdadigers te maak as om misdaad te bestry. Dit is nie die wapens wat misdaad pleeg nie, dit is misdadigers.”

Mnr. Dries van Coller, uitvoerende hoof van die Professionele Jagtersvereniging, het gesê die invloed op jag, formeel sowel as informeel, sal aansienlik wees. Beroepsjagbedrywighede beteken ’n inkomste van meer as R3 miljard vir Suid-Afrika en informele jag meer as R12 miljard per jaar.

“Die meeste van hierdie jagbedrywighede vind in landelike gebiede plaas waar daar niks anders is wat toeriste lok nie, en mense grootliks van wildboerdery en ’n inkomste uit wildprodukte afhanklik is. Boere kan nie net wild na ’n abbatoir toe neem om geslag te word nie, die wild moet gejag word. Al die nuwe beperkinge in die wetsvoorstelle is belaglik.”

Mnr. Francois Rossouw, uitvoerende hoof van die netwerkorganisasie Saai, het gesê met ’n plaasaanval elke twee dae en ’n plaasmoord elke vyf dae in Suid-Afrika is dit ondenkbaar dat die regering mense in landelike gebiede wil ontwapen. “Hoe kan ons boere aanmoedig om kos te produseer as hulle nie hulself en hul families kan beskerm nie?”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.57
+0.8%
Rand - Pond
20.08
+0.4%
Rand - Euro
16.98
+0.4%
Rand - Aus dollar
10.88
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,782.39
+1.0%
Silwer
23.71
+2.3%
Palladium
2,099.50
+3.8%
Platinum
1,056.88
+1.8%
Brent-ruolie
84.33
-0.6%
Top-40
60,320
+0.4%
Alle aandele
66,912
+0.3%
Hulpbronne 10
64,002
+0.9%
Industriële 25
84,631
+0.3%
Finansiële 15
13,990
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons wees maats
Baie toegewyd. Mense mens. Lief vir natuur en avonture daarin. Lief vir motorfietsry en hengel. Lief vir diere. Gelowige wat lewendige verhouding het met Vader en Jesus en...
Vrede,vreugde en liefde. Het genoeg chaos met my kids so wil lekker rustig kuier met goeie geselskap
Ek is al deur baie in my lewe en het al baie seer gekry, maar ek het die beste lewens lesse daardeur geleer en net sterker op gestaan. Ek het 'n sterk persoonlikheid en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot