AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Moontlike plaasaanval in VS afgeweer

’n Moontlike plaasaanval in die Vrystaat is die naweek afgeweer danksy samewerking tussen boere en die polisie.

Sowat ’n week nadat mnr. Jannie du Plessis en sy vrou, Stinnie, naby Villiers op hul plaas aangeval is, is ’n tweede moontlike aanval op ’n plaas naby Warden afgeweer. Mnr. Kobus Breytenbach, voorsitter van Vrystaat Landbou se veiligheidskomitee, het aan Landbou.com gesê hulle vermoed nie dat ’n verband tussen die twee voorvalle bestaan nie.
 
Luidens ’n berig in Volksblad is die beweerde aanval op ’n bejaarde boer, wat anoniem wil bly, afgeweer. Aanvanklik is verwag dat die aanval vir Sondagoggend (13 Januarie 2013) omstreeks 05:15 beoog is.
 
Volgens mnr. Ben Greyling, voorsitter van Warden se veiligheidskomitee, wat nou saam met die polisie en ander boere gewerk het om die aanval af te weer, het niks egter gedurende die oggendure gebeur nie.
 
Ingewag
Die boer is later saam met ’n polisiebeampte, wat in sy voertuig weggekruip het, dorp toe. Hy moes voorgee dat hy kerk toe gaan terwyl die polisie sy huis dopgehou het.
 
Mnr. Johann van Niekerk, ondervoorsitter van die landbouvereniging en ’n boer in die omgewing, was saam met die polisie op die toneel toe twee mans omstreeks 11:00 in die boer se huis aangekeer is. Die mans is met messe in die badkamer aangetref. Hulle verskyn Dinsdag (15 Januarie 2013) op aanklagte van poging tot huisroof in die hof.
 
Volgens Van Niekerk het die mans die boer ingewag. Hy sê as dit nie vir die “uitstekende samewerking” tussen die polisie en boere was nie, kon dié voorval ook ’n tragiese einde gehad het. “As jy net wil steel, vat jy nie daardie soort messe saam nie.”
 
Breytenbach moedig boere weer aan om by die organisasie se veiligheidstrukture in te skakel. “Sover ons kan vasstel, kom minder misdaad voor in gebiede waar dié veiligheidstrukture en die polisie goed saamwerk.”
 
Bron: Volksblad
 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.8%
Rand - Pond
20.18
-1.2%
Rand - Euro
17.73
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.57
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,662.33
+0.1%
Silwer
19.03
+1.1%
Palladium
2,167.00
-1.8%
Platinum
864.26
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot