
Die beskuldigde, mnr. Andrew Ndlovu, se verhoor het op Maandag 11 April in die rondgaande hooggeregshof in Polokwane begin.
Ndlovu is ’n Zimbabwiese burger. Hy het ná die aanval op Robinson na Zimbabwe gevlug, maar hy het etlike male na Suid-Afrika teruggekeer onder verskeie vervalste identiteite. Op 30 Julie 2020 het hy sy rieme styfgeloop toe hy in Johannesburg in hegtenis geneem is danksy goeie samewerking tussen die polisie en die private misdaadondersoeker oud-kol. Gawie Louwrens.
Ndlovu staan tereg op aanklagte van huisbraak met verswarende omstandighede, verkragting, moord en onwettige toegang tot die land.
Robinson se lyk is in ’n plas bloed gevind waar sy verkrag en vermoor is. BBC News het vroeër berig dat die geld wat sy by haar sou hê om plaaswerkers se lone te betaal, ook vermis was.
Die verhoor is Maandag uitgestel tot Woensdag 13 April.