AFGRI
BEAN
03 Okt
-
9080
-304,00
CORN
03 Okt
-
4881
84,00
SOYA
03 Okt
-
9369,8
-117,20
SUNS
03 Okt
-
10190
-62,00
WEAT
03 Okt
-
7199
84,00
WMAZ
03 Okt
-
4987
59,00
YMAZ
03 Okt
-
4926,2
38,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

‘Moratorium’ oor afsettings verwar boere

’n Oproep om ’n moratorium op afsettings is onprakties en nie afdwingbaar nie, sê mnr. Japie Grobler.

’n Oproep om ’n moratorium op die toepassing van die wet wat wettige uitsettings reguleer, blyk uit ’n landbou- én wetlike perspektief onwenslik, onprakties en onafdwingbaar te wees, het mnr. Japie Grobler, voorsitter van die eenheidsforum vir die landbou (Asuf), gesê.

Hy het gereageer nadat adj.-pres. Cyril Ramaphosa ná ’n vergadering in die Paarl met belanghebbendes in die landbou aan ’n groep werkers gesê het die vergadering het “sáám besluit” om ’n sterk beroep op boere te doen om uitsettings dadelik te staak.

Grobler sê Asuf het nié ingestem tot ’n moratorium nie. Ramaphosa het die belanghebbendes bymekaargeroep om ’n gesprek rondom arbeid in die Wes-Kaapse landbou voort te sit. Dié gesprek is deur mnr. Kgalema Motlanthe, voormalige adjunkpresident, begin ná die arbeidsoproer in De Doorns in 2012 en 2013.

Verskeie nasionale ministers was op die vergadering, insluitend mnr. Pravin Gordhan, Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, en me. Mildred Oliphant, Minister van Arbeid.

In ’n geslote vergadering het Ramaphosa glo gereageer op Gordhan se voorstel dat boere plaasuitsettings moet beëindig.

Gordhan se versoek volg op mnr. Tony Ehrenreich, sekretaris- generaal van Cosatu in die Wes-Kaap, en nie-regeringsorganisasies se pleidooi om ’n moratorium. Ehrenreich het geëis dat daar nie alleen gepraat moet word oor dreigende uitsettings nie.

“Cosatu doen ’n beroep dat alle uitsettings, selfs tot voor 1994, gehanteer moet word en dat werkers toegelaat moet word om terug te keer na die plase toe,” het hy gesê.

Mnr. Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, meen Ramaphosa is eintlik in ’n netelige posisie geplaas “en hy moes reageer om gemoedere te kalmeer”.

Volgens Agri Wes-Kaap is daar nie juis veel uitsettings wat tans dreig nie. Die voorlopige verslag oor plaasuitsettings deur mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, bevestig dit.

Agri Wes-Kaap meen die uitsettings waarna Cosatu verwys, is nie uitsettings van plaaswerkers nie, maar van mense wat op plase bly en nie daar werk nie. “Die feit is dat hawelose mense op plase beland omdat hulle geen ander heenkome het nie. Dit bring ander maatskaplike euwels, soos sjebiens. Die vraag moet eintlik wees of plaaslike owerhede hulle werk doen wat behuising en ander dienste betref,” het Opperman gesê.

Mnr. Hans van der Merwe, uitvoerende hoof van Agri SA, sê hy wil nie Ramaphosa oor sy uitspraak kruisig nie. “Ons sien dit as ’n versugting pleks dat dit ’n nuwe rigting aandui waarin hy die gesprek wil stuur. Maar ons gaan beslis met sy kantoor in gesprek tree, want verantwoordelike diplomasie is nou nodig. Agri SA sien beslis vir hom ’n leiersrol in die gesprek.

“Ons soek eintlik nasionale dialoog oor dié kwessie, maar die gesprek is belangrik omdat dit ’n meer gebalanseerde forum is as die gesprek by Nedlac, waar Ehrenreich en Cosatu moeilike eise stel ten opsigte van transformasie in die Wes-Kaapse landbou. “Die proses by Nedlac kan tot ’n beskermde staking lei.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.98
+0.5%
Rand - Pond
20.17
-0.1%
Rand - Euro
17.56
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.7%
Goud
1,668.62
+0.4%
Silwer
20.06
+5.4%
Palladium
2,229.50
+2.9%
Platinum
886.50
+2.5%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,617
+0.4%
Alle aandele
64,019
+0.5%
Hulpbronne 10
61,326
+1.8%
Industriële 25
77,266
-0.2%
Finansiële 15
13,804
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Dont do today what u can do tomorrow
Stap die myl Aandagafleibaar Wil nog leer kitesurf Mal oor golf en seil Gee mekaar spasie Friend for life Never doublecross
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot