
AfriForum en Treasure the Karoo Action Group (TKAG) het aangekondig hulle is slaggereed vir regstappe in die lig van pres. Jacob Zuma se aankondigings oor hidrobreking.
Volgens ’n verklaring deur mnr. Jonathan Deal, die uitvoerende hoof van TKAG, moet die nuwe wetenskaplike bewyse wat hulle aan pres. Zuma en die Kabinet oorhandig het, die gevaarligte laat flikker.
Mnr. Julius Kleynhans, hoof van omgewingsake by AfriForum, het die Regering versoek om ’n moratorium op hidrobreking te plaas. “AfriForum is bekommerd oor die punte wat TKAG aan die president uitgelig het. Nuwe bewyse van die buiteland en die gebrek aan openbare deelname is sake wat onmiddellik aandag moet geniet. Gegewe die uitlatings van pres. Zuma oor hidrobreking in sy staatsrede, glo ons die enigste manier hoe hy die proses sal kan stop, is deur ’n onmiddellike moratorium. Ons moet volhoubare ontwikkeling en ekonomiese groei nastreef vir die bewaring van ons kritieke natuurlike hulpbronne.”
Deal het bygevoeg dat TKAG ’n groep is waarmee rekenskap gehou moet word in die groot groep wat hidrobreking teenstaan – wat regslui, burgerregtegroepe, vakbonde, landbou-organisasies en mees onlangs Cosatu en die EFF – wat ook sterk teen hidrobreking gekant is, insluit.