AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Motlanthe praat oor grondhervorming

Kgalema Motlanthe beskou bewerings dat 24% grond in swart hande is, as ’n mite tensy die grond geïdentifiseer word.

Dit was vir mnr. Kgalema Motlanthe, Adjunkpresident, nog altyd ’n raaisel hoe die beginsel van ’n gewillige koper en ’n gewillige verkoper die struikelblok vir die staat se grondaankope geword het.

Die ANC het dit op sy onlangse beleidskonferensie duidelik gemaak dat dié beginsel nie voldoende is om sy grondhervormingsideale van 30% grond aan swart mense teen 2014 te bereik nie.

Landbouweekblad wou by Motlanthe weet of hy dink dat dit nie die beginsel van ’n gewillige koper en ’n gewillige verkoper is wat die aankoop van grond strem nie, maar eerder die feit dat die staat “grond wat strategies geleë is”, wat eintlik duur landbougrond is, wil koop.

Hy het geantwoord dat hy nie weet hoe die beginsel ’n struikelblok kan wees nie.

“Die Grondwet en wetgewing gee die Regering die mag om grond in openbare belang te onteien.”

Hy het ook gesê dat wanneer die Regering grond identifiseer wat hy wil koop en die eienaar van die grond die prys uitermatig opstoot, daar tog regsprosesse gevolg kan word wat die kwessie kan oplos.

Haakplekke is 'n realiteit
Oor die 30%-teiken het hy gesê dat die Regering die persentasie grond aan die grondloses wil gee, maar dat dit in die praktyk met sekere haakplekke kom. Hy meen die regte manier is om grond te identifiseer vir inwoners en ander doeleindes en dit dan te koop.

“Dit is baie moeilik om net na die grondoppervlak te kyk en te sê dat hierdie persentasie in wit hande is en dat ons nog soveel aan ander nasionaliteite in Suid-Afrika moet gee. Wat ons nou moet doen, is om die doel van die proses te identifiseer, te bepaal waar die grond benodig word en dit dan koop.”

Andersins sal die 30%-syfer vir grondoordrag net ’n mitiese syfer wees, want dit sal nie bekend wees in watter dele van die land grond gekoop moet word om in die grondbehoefte te voorsien nie.

Hy beskou ook die syfer wat landbou-unies en ander gereeld na vore bring om te bewys dat 24% grond reeds in swart hande is, as ’n mite tensy daardie grond geïdentifiseer word.

Oor die land se ambisies om meer op kernkrag te fokus, het hy gesê dat die koste en die bekostigbaarheid nog nie bepaal is om ’n kernkragaanleg te bou nie.

Eskom sal egter wel ’n rol in die oprigting van kernkragaanlegte hê. Die land beoog om teen 2029 kernkrag van 9 600 megawatt by te voeg om sy grootlikse afhanklikheid van steenkoolgedrewe kragopwekking te verminder.
In die volgende tien jaar sal die land ook windplase, en sonkrag-aanlegte kry om sy krag aan te vul.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.77
-0.8%
Rand - Pond
20.15
+0.4%
Rand - Euro
17.57
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.57
-0.9%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,717.07
-0.5%
Silwer
20.66
-1.9%
Palladium
2,253.00
-3.0%
Platinum
923.50
-1.1%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.1%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
n Man opsoek na n maatjie
Ek is n Christen en soek n Christen maatjie. Ek leef eenvoudig, is baie lojaal en hou van vrede in my lewe. Ek is n introvert maar kan sosiaal wees as ek moet. Ek verkies...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot