AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

MPO wil méér vir produsente doen

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Melkprodusente-organisasie het stappe gedoen om beter met sy lede te kommunikeer.

Verskeie stappe is gedoen om die Melkprodusente-organisasie (MPO) meer stroombelyn te maak en om kommunikasie met sy produsente te verbeter. Dit is belangrik om betrokke te wees. Daarom skakel die bestuur deurlopend met plaaslike verteenwoordigers. 

Mnr. Fanie Ferreira, waarnemende nasionale voorsitter van die MPO, het op ’n kuilvoerdag by George in die Suid-Kaap gesê die MPO is funksioneel en lewer dienste aan elke produsent. Die struktuur van die organisasie is verander om dit makliker te maak om by elke produsent uit te kom. 

“As die MPO nie slaag nie, is dit elke produsent se verantwoordelikheid. Met die nuwe struktuur is dit maklik vir elkeen om sy saak te stel. Melkboere wat nie lid is nie, moet dit oorweeg. Jy kan nie van die kantlyn af skree as jy nie betrokke is nie.

“Dit is belangrik om die MPO binne die georganiseerde landbou te stel waar hy sy plek kan vol staan. Dit word ál belangriker om vennootskappe te smee met organisasies wat dieselfde belange en visie het. Melk SA bly ’n belangrike diensverskaffer wat sal aanhou werk om vir elke boer meer te beteken. Die MPO wil ook nouer met ander suiwelinstellings saamwerk.” 

Ferreira het gesê enige boer moet noem as hy iets het wat op plaasvlak nagevors kan word. Navorsing word gedoen oor die koolstofspoor van die produkte wat naas suiwel op winkelrakke te kry is. Van die produkte word as soja- en amandelmelk bemark. Amandels maak ’n ligte kleur vloeistof. “Dink net hoeveel kleurstof is nodig om amandelmelk wit te kry.” 

Melkboerdery ervaar groot druk in die vorm van stygende insetkoste. “Net toe ons gedink het covid-19 is onder beheer, tref ’n volgende pandemie, genaamd Wladimir Poetin, ons. Die oorlog in Oekraïne het ’n groot invloed op insetkoste. Eskom se probleme word ook nie beter nie. 

“Westerse lande voer nie meer na Rusland uit nie. Dit gaan ’n groot nadelige invloed op byvoorbeeld die uitvoer van melkpoeier hê. Gelukkig is Rusland nie ’n groot verbruiker van melkpoeier nie. 

“In dié verband kan Belarus een van die grootste deelnemers word. Rusland voer ’n groot persentasie van sy melkpoeier uit Belarus in, en dié land kan ’n groot rol speel in die verskaffing van produkte en moontlike sankies.” 

Groter uitvoermoontlikheid

Die voorraadvlakke van suiwel wêreldwyd is redelik laag, wat veroorsaak dat dit duur word. Die MPO ondersoek dus die moontlikheid om meer suiwel uit Suid-Afrika na die res van Afrika uit te voer. Dit het baie potensiaal. 

“Suid-Afrika wil graag binne die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) sake doen. Gesante van Nigerië het Suid-Afrika reeds besoek en die MPO is al na Ghana genooi om soortgelyke ooreenkomste te bespreek. Die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf het reeds ’n agent wat die transaksies sal hanteer. Ons hou duimvas dat die eerste besending suksesvol uitgevoer sal word.” 

Buiten die uitvoermark is dit belangrik om die verbruik van melk in Suid-Afrika te verhoog en terselfdertyd klem te lê op die behoeftes van produsente, het hy gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
-0.8%
Palladium
1,415.66
-0.5%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot