
Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê die polisie het op Sondag 15 Januarie die bokke tydens ’n roetinepatrollie opgemerk. Die bokke was op ’n sleepwa wat deur ’n minibus getrek is.
Die bestuurder van die minibus het glo genoem dat hy deur vier huishoudings betaal is om die bokke na ’n veiling te vervoer. Volgens die bestuurder het die bokke se eienaars besluit om die diere te verkoop voordat hulle gesteel word.
Geen bewys van eienaarskap kon verskaf word nie en die polisie het op die bokke beslag gelê. Die saak word tans ondersoek.
Die eienaars van die bokke word versoek om hul diere by die Mmametlhake-polisiekantoor op te eis of lt.kol. Freddy Sepogoane, bevelvoerder van die Siyabuswa-veediefstaleenheid, by 079 499 2015 te kontak.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.