AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Mpumalanga: Vals eise kos miljoene

Boere in Mpumalanga het glo onwetend hul plase aan 'n skelm verkoop as deel van 'n vals grondeise-skema.

Sekere boere in Mpumalanga het glo onwetend hul plase aan ’n skelm verkoop wat dit teen baie hoër pryse as deel van ’n vals grondeise-skema aan die Regering verkoop het.

Mnr. Paul O’Sullivan, private forensiese ondersoeker, sê dít is wat hy bevind het in ’n ondersoek na beweerde vals eise van miljoene rande in die Badplaas-vallei.

O’Sullivan, ’n kandidaat op die politieke party Agang SA se nasionale lys, het al aan hoëprofielsake soos dié van die oudpolisiehoof Jackie Selebi en die Tsjeggiese uitgewekene Radovan Krejcír gewerk.

Inligting oor O’Sullivan se ondersoek in Mpumalanga is ’n paar dae voor die verkiesing op ’n Agang SA-nuuskonferensie bekend gemaak. Die party het gevra dat grondeise in die provinsie geoudit word, insluitend die sowat R1 miljard waarvoor die luukse wildreservaat MalaMala verkoop is.

O’Sullivan het by navraag gesê hy het die ondersoek begin lank voordat hy ’n kandidaat vir die party geword het. Sy ondersoek na die grondeise is ver gevorder en hy hoop om binne die volgende paar weke aanklagte van bedrog en korrupsie by die polisie in te dien.

'Verdagte X'
Volgens hom is boere in die vallei deur ’n koper, “Verdagte X”, genader met opsies om hul plase teen markverwante pryse te verkoop. Die koper het dan glo identiteitsnommers versamel waarmee hy vals grondeise op die grond ingedien het.

Omgekoopte grondwaardeerders het die grond vir miljoene meer gewaardeer en wanneer die staat die opgeblaasde bedrag uitbetaal het, het korrupte regslui toegesien dat die boer die geld ontvang waarop oorspronklik ooreengekom is, en die skelms die verskil.

Volgens O’Sullivan het die boere nie geweet dat die staat uiteindelik hul grond as deel van die grondhervormingsproses gekoop het nie. Hy sê die grond lê nou braak en infrastruktuur is verniel. Die grondeiseproses het volgens hom ook ’n beoogde suurlemoenprojek van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie gekelder.

Mnr. Hennie Laas, hoofbestuurder van Mpumalanga Landbou, het nog nie voorheen van die bewerings gehoor wat O’Sullivan maak nie, maar sê feitlik die hele Badplaas-vallei is deur grondhervorming oorgedra en groot stukke grond word onder- of glad nie benut nie. Hy sê as daar wesentlike bewyse is, moet die korrupte mense vervolg word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
+0.3%
Rand - Pond
19.33
+0.0%
Rand - Euro
17.28
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,629.04
+0.4%
Silwer
18.40
+0.2%
Palladium
2,076.27
+1.6%
Platinum
853.51
+0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot