AFGRI
BEAN
09 Des
-
9420
0,00
CORN
09 Des
-
4391
0,00
SOYA
09 Des
-
10543
0,00
SUNS
09 Des
-
10900
0,00
WEAT
09 Des
-
6703
0,00
WMAZ
09 Des
-
4920
0,00
YMAZ
09 Des
-
4757
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

MTBR-2022: ‘Gee vir ons hoop, Godongwana’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Enoch Godongwana. Foto: GCIS
Mnr. Enoch Godongwana. Foto: GCIS
Gaan die landbousektor môre die hulp en ondersteuning kry waarvoor gehoop en gevra word?

Dit is een van die kwelvrae aan die vooraand van mnr. Enoch Godongwana, minister van finansies, se mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) wat hy môremiddag bekend maak.

Dié begrotingsrede is nie veronderstel om nuwe en veranderinge aan belastings aan te kondig nie, maar gee eerder ’n blik op die beleidsraamwerk wat verwag kan word tydens die nasionale begrotingsrede in Februarie 2023.

Aanpassings aan departemente se begrotings kan ook gemaak word. Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het R17,3 miljard vir die huidige begrotingsjaar ontvang. Die landbousektor sal dophou of ’n aanpassing aangekondig gaan word.

Daar word ook uit landboukringe gehoop Gondongwana plaas klem op infrastruktuur, soos paaie, hawens en die spoorwegnetwerk wat ’n beduidende rol in landboubedrywighede speel.

“Die uitvoer van kommoditeite teen hoër as verwagte kommoditeitspryse, hoofsaaklik dié van grondstowwe vanuit die mynboubedryf, en die gepaardgaande hoër as verwagte belastinginkomste, bied Godongwana effense beweegruimte. Agri Wes-Kaap vertrou dat dié addisionele inkomste op ’n produktiewe wyse aangewend gaan word,” sê mnr. Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap.

Agri SA hoop ook die MTBR skep ’n gunstige omgewing en lê klem op noodsaaklike maatreëls wat die sektor sal help gedy midde van die krisisse wat die landbousektor se groei ondermyn en bedreig.

“Die landbousektor gee, ten spyte van drie jaar se probleme, steeds werk aan 874 000 mense en dra meer as 2% by tot die bruto binnelandse produk (BBP). Die minister moet aandag gee aan maatreëls wat dié toppresterende en arbeidsintensiewe landbousektor beskerm,” sê mnr. Kulani Siweya, hoofekonoom van Agri SA. “So kort ná die verlammende Transnet-staking tesame met voortslepende beurtkrag en hoë insetkoste hoop ons die minister gebruik daarom die geleentheid om aanduidings te gee oor ingrypings wat die sektor ’n hupstoot kan gee.”

Dís wat landbou oor Eskom en Transnet wil hoor

Agri Wes-Kaap hoop Godongwana plaas klem op ingrypings by staatsondernemings, veral Eskom en Transnet.

Eskom het ’n skuldlas van R400 miljard en het onlangs ’n reddingsboei van die regering gevra aangesien Eskom nie die volle skuld kan diens nie.

“Dringende ingrypings by Eskom is van deurslaggewende belang vir die landbousektor,” sê Strydom. “Die buitensporige skerp stygings in elektrisiteitstariewe, tesame met beurtkrag is besig om die sektor te kniehalter en om die potensiële werksgeleenthede en ekonomiese groei wat die sektor potensieel kan bied, te vernietig.”

Agri Wes-Kaap is volgens hom nie noodwendig gekant teen ’n reddingsboei nie, hoofsaaklik omdat die meeste van Eskom se skuld reeds deur die staat gewaarborg is én omdat ‘n verligting in Eskom se skuldlas verdere stygings in kragtariewe kan demp.

“Gegewe die posisie waarin Eskom homself bevind, sal dit nie ’n verrassing wees as hy ’n oordrag van tussen R150 miljard en R250 miljard van Eskom se skuldlas na die staat se balansstaat gaan aankondig nie. Ons hoop egter dat die reddingsboei gepaard gaan met verdere ingrypings wat omsigtige en langtermynoplossings bied.”

Ingrypings wat boere kan help

Agri SA hoop die tesourie hersien onder meer die dieselkorting wat op 18 Maart deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) aangekondig is en volgens Agri SA tekort skiet om boere se behoeftes aan te pak. “Die SAID het die persentasie van terugbetaling van die heffings van die algemene brandstof- en padongelukfonds verlaag en nie daarin geslaag om klarigheid te gee oor sekere kernpunte soos die formate van die logboek nie,” sê Siweya.

Die minister kan ook ’n voorgestelde verandering aan die Fica-wet teruggetrek waarvolgens verskaffers van hoëwaardeprodukte aan die Fica-wet onderhewig sal word wanneer die waarde van transaksies meer as R100 000 is. “Indien dié voorstel aanvaar word, sal dit net meer administratiewe koste vir boere beteken en ons hoop daarom dit word teruggetrek.”

Laastens hoop Agri SA die tesourie oorweeg dit om die voorgestelde beperkings op bateverliese wat ondernemings teen hul belasbare inkomste kan afskryf, te hersien. “Vir sektore soos die landbousektor wat siklies van aard is, is hierdie toelating baie keer ’n hulplyn en sleutelbydraer om landbouproduksie volhoubaar te maak. ’n Nadelige aanpassing sal veral gegewe die voortslepende kostekrisis, ’n rampspoedige en duur fout wees.”

Skrap ‘suikerbelasting’

Mnr. Andrew Russel, voorsitter van die Suikerrietkwekersvereniging, doen ’n beroep op die minister om Woensdag ’n toekomsblik op die nasionale gesondheidsbevorderingsheffing te gee. Die verhoging van die heffing wat die minister tydens die jaar se nasionale begroting aangekondig het, is uitgestel tot April 2023. Die vereniging hoop danksy vele skrywes en betoë aan onder andere Gondongwana en pres. Cyril Ramaphosa sal die suikerbelasting, soos dit alombekend staan, finaal geskrap sal word.

“Die bykomende las van dié heffing op die suikerbedryf, ten spyte van geen bewyse dat dit inderdaad vetsug in die land verminder nie, bedreig die bestaan van Suid-Afrika se 21 000 suikerrietprodusente wat op klein skaal boer.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.35
-1.0%
Rand - Pond
21.27
+0.1%
Rand - Euro
18.30
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.80
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.30
0.0%
Silwer
23.48
0.0%
Palladium
1,956.00
0.0%
Platinum
1,028.50
0.0%
Brent-ruolie
76.10
-0.1%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot