AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Mugabe dalk in hof vir menseregteskendings

'n Groep Zimbabwiërs en oud-Zimbabwiërs het 'n organisasie, die Zimbabwiese Slagofferskoalisie, gestig om pres. Robert Mugabe voor die Wêreldhof vir Menseregte te daag.

'n Groep Zimbabwiërs en oud-Zimbabwiërs het 'n organisasie,

die Zimbabwiese Slagofferskoalisie, gestig om pres. Robert Mugabe voor die

Wêreldhof vir Menseregte te daag.

Die Wêreldhof vir Menseregte is vroeër vanjaar in Rome gestig. Dit het op 1 Julie 2002 amptelik tot stand gekom en sal in Februarie aanstaande jaar met sittings in Den Haag begin.

Waar die ou Wêreldhof net sake van state teen state kan aanhoor, is hierdie hof spesiaal geskep om individue te verhoor en diegene wat van internasionale menseregtewette, soos oorlogsmisdade, misdade teen die mensdom, volksmoord en aggressie, oortree het, aan die pen te laat ry.

Alle lande, behalwe Amerika en Israel, het die oprigtingsakte van die hof onderteken. Suid-Afrika en Zimbabwe het dit ook onderteken.

Dr. Philip du Toit, voorsitter van die Zimbabwiese Slagofferskoalisie, het die nuwe hof reeds skriftelik in kennis gestel van die koalisie se voorneme om 'n klag teen pres. Mugabe aanhangig te maak.

Die hof het ook die mandaat om op te tree wanneer dit vir nasionale regstelsels nie moontlik is nie, of dié regstelsels onwillig is om misdade van bogenoemde aard deur leiers van 'n land gepleeg, te ondersoek en hulle te vervolg. "In die lig hiervan is dit duidelik dat pres. Mugabe binne die jurisdiksie van die hof en sy strafpleging val," het dr. Du Toit gesê.

Volgens hom is pres. Mugabe se optrede, ook dié van die verlede, regstreeks verantwoordelik dat sy land in 'n ernstige hongersnood verkeer. "Hierdie aksies is beslis 'n misdaad teen Zimbabwe se mense, en as daar van hulle van honger sterf, is dit niks anders as volksmoord nie.

"Die president se optrede, waardeur boere verhinder word om te oes en te saai, en daardeur sy vernietiging van die land se vermoë om kos te produseer, sy grondhervormingsprogram, en die feit dat hy toelaat dat kommersiële plase eenvoudig deur mense op 'n ongeorganiseerde manier oorgeneem word, is regstreeks vir die huidige katastrofe in die land verantwoordelik."

Dr. Du Toit het daarop gewys dat die feit dat die Verenigde Nasies, die Amerikaanse regering en die Europese Unie sanksies teen die regering van pres. Mugabe ingestel het, bykomende feite is wat in ag geneem moet word wanneer die skade bereken word wat aan Zimbabwe as 'n land, en in die besonder aan sy mense, aangerig is.

Dr. Du Toit het verwys na 'n verslag wat deur die Commercial Farmers' Union (CFU) in Zimbabwe opgestel is ná 'n indringende ondersoek na die gevolge van die plaasbesettings in Zimbabwe.

Hiervolgens blyk dit dat kennisgewings vir die verpligte oorname van kommersiële plase deur die regering uitgereik is vir 5 980 plase wat 10 505 568 ha beslaan. Altesaam 450 plase van 855 382 ha is toe van die lys gehaal, waarna 342 plase van 771 547 ha weer bygevoeg is. Altesame 5 872 plase wat 10 481 733 ha beslaan, is dus gelys om deur die staat oorgeneem te word.

Volgens die CFU besit die totale kommersiële boerderysektor in die land 11,2 miljoen ha, wat beteken dat 93,6 % van alle grond reeds vir hervestiging van oorlogsveterane bestem is.

Die CFU het vasgestel dat sowat 60 % van alle kommersiële boere in die land kennis gekry het dat hulle hul plase moet ontruim. Hulle moes reeds teen 9 Augustus van hul plase af wees, maar het 'n hofbevel gekry wat hul verblyf tot 31 Augustus verleng het. Pres. Mugabe het reeds in 'n toespraak gesê dat hy die boere nie langer op hul plase sal duld nie.

Voorts het hy ook wetgewing uitgevaardig wat boere verbied om enige los goedere van die plase af te verwyder, wat beteken dat hulle net met die klere aan hul lyf die plase moet verlaat. Die CFU bereken die waarde van alle los goedere wat hulle moet agterlaat, op 7,9 miljard Zimbabwiese dollar, wat op R1,5 miljard te staan kom.

Die CFU het gevind dat 857 boere wat net een plaas besit, ook moet trek nadat die regering aanvanklik gesê het elke boer in die land mag net een plaas besit.

Daar is ook vasgestel dat 635 boeregesinne reeds van hul plase verdryf is, asook 15 154 plaaswerkergesinne wat deur oorlogsveterane uit hul huise op kommersiële plase geskop is. Dit kom neer op 76 000 plaaswerkers wat sonder inkomste of heenkome gelaat is.

Altesame 387 237 beeste is reeds deur oorlogsveterane van plase af verwyder, terwyl die toerismebedryf tot stilstand gekom het. Die verlies aan inkomste uit toerisme word op 6,3 miljard Zimbabwiese dollar (R1,3 miljard) bereken.

Volgens 'n onafhanklike nuusbrief vir boere in Zimbabwe blyk dit dat Zimbabwe se koringoes vanjaar net 50 % van verlede jaar se 331 500 ton sal beloop. Sowat 60 000 ha se koring is toe geplant. Vanjaar se oes word op net 121 000 ton tot 137 500 ton (22 000 ha tot 25 000 ha) geraam omdat talle boere deur die regering se grondhervormingsplan verhoed is om te plant en te oes.

Koringverbruik in dié land beloop sowat 370 000 ton per jaar, wat 'n tekort van sowat 200 000 ton beteken.

Dr. Du Toit is vol vertroue dat pres. Mugabe skuldig bevind sal word. Hoewel hulle hom nie in Zimbabwe in hegtenis sal kan gaan neem nie, sal hy deur skuldigbevinding van die res van die wêreld afgesny word. Dit beteken dat hy in hegtenis geneem sal word as hy Zimbabwe verlaat.

Daar sal voorts ook wêreldwyd op sy bates beslag gelê kan word om sy slagoffers mee te vergoed. Navorsing het aan die lig gebring dat pres. Mugabe bates in talle lande het wat van hom waarskynlik die tiende rykste man in die wêreld maak, het dr. Du Toit bygevoeg.

Die koalisie kan bereik word by tel. 012 664 0704, faks 012 664 2557 of e-pos ray@pdtgroup.co.za

30 Augustus 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.63
+1.2%
Rand - Pond
20.21
-0.1%
Rand - Euro
17.60
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.45
+1.5%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,724.26
+1.4%
Silwer
21.03
+1.5%
Palladium
2,315.50
+4.1%
Platinum
933.50
+3.2%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.3%
Alle aandele
66,313
+3.2%
Hulpbronne 10
64,568
+4.5%
Industriële 25
80,073
+3.2%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir die lewe saam met sielsgenoot
Christen, Eerlik, opreg, liefdevol, omgee, rolbal ,stap, reis, baie goeie humorsin, intelligent, sing en fluit graag , koorsanger en solo, uiteet, dans. Grapjas
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot