AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Mulder vat Zuma aan oor grondsyfer

Dr. Pieter Mulder het pres. Jacob Zuma duidelik laat verstaan hoe hy oor die president se uitsprake oor grond voel.

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF-Plus, het pres. Jacob Zuma duidelik laat verstaan hoe hy oor die president se uitsprake oor grond voel.

Pres. Zuma het in sy Staatsrede uitgewys dat dit ‘n “algemene instemming” is dat die gewillige koper/verkoper-beginsel nie werk nie en daarom is slegs 8% bereik van die teiken dat 30% grond teen 2014 oorgedra moet word. Zuma het in die Nasionale Vergadering gesit terwyl parlementslede sy Staatsrede gedebatteer het.


Mulder het gesê hy verskil van hierdie syfers en van die stelling dat wit mense grond gesteel het. “Daar is nie ‘n voltooide grond-oudit waarteen dié syfers gemeet kan word nie.”

30% van die grond

Hy wou weet wat die ANC bedoel as hy sê 30% van die grond in Suid-Afrika moet in swart hande wees. Sluit dit staats- en stedelike grond in? het hy gevra.

Dit word aanvaar dat die staat 25% van die land se grond besit, en hierdie tel nie as wit grond nie, het Mulder uitgewys.

Mulder het gesê die Zulu-koning besit meer as 2,8 miljoen ha grond en mnr. Cyril Ramaphosa, ‘n sakeman, en mnr. Tokyo Sexwale, Minister van Huisvesting, het onlangs heelwat plase van wit boere gekoop. Mulder wou weet waarom hierdie grond nie bygetel word nie.

Mulder het gesê genoeg bewyse bestaan dat daar geen Bantoesprekende mense in die Wes-Kaap en die Noordwes-Kaap was nie. Hierdie dele vorm 40% van die land se oppervlak. Me. Lindiwe Sisulu, Minister van Verdediging en Militêre Veterane, het op ‘n punt van orde gevra of dit toelaatbaar is dat Mulder so toegelaat word om die geskiedenis te verdraai.

Mulder het ook gesê dat die president se uitsprake teen die nasionalisering van myne meer sekerheid gebring het. “Maar in dieselfde week herhaal die president die stelling dat die gewillige koper/-verkoper beginsel nie die beste weg is om die grondkwessie op te los nie.”

Grondhervorming ‘rampspoedig’ toegepas

In die volksmond beteken dit dat die Regering glo in die nasionalisering van landbougrond. “Enigeen wat met herverdeling van grond te doen het, kan vir jou aantoon dat die probleem nie by die beginsel lê nie, maar dat die probleem die rampspoedige manier is waarop grondhervorming toegepas is.”

Mulder het gesê hy het talle briewe van wit kommersiële boere ontvang wat hulle grond aanbied vir die departement, maar geen reaksie ontvang nie. Ander kommersiële boere het bankrot gespeel nadat koopkontrakte met die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming gesluit is, maar dat dié geld ná drie jaar nog nie uitbetaal is nie.

15 Februarie 2012

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.28
+1.4%
Rand - Pond
22.43
+1.0%
Rand - Euro
19.85
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.22
+1.2%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Platinum
981.98
+1.0%
Palladium
1,444.54
+2.7%
Goud
1,967.98
+1.4%
Silwer
22.93
+2.4%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,757
+1.4%
Alle aandele
75,243
+1.3%
Hulpbronne 10
65,777
+0.2%
Industriële 25
101,692
+1.8%
Finansiële 15
15,282
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Saam dinge aanpak !
Ek is n eerlikke opregte reguit man Hou nie van komplikasies nie Gryp die bul by die horings Hou van rondry en nuwe plekke plaaslik en oorsee besoek !! Positiewe uitkyk op lewe...
Blank
Ek is redelik jonk van gees. Hou van dans en kook. 'N sin vir humor is belangriker as 'n resiesfiets.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot