AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Munisipale verkiesing: ANC en EFF oor grondhervorming

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Theuns Botha
Foto: Theuns Botha
Die munisipale verkiesing vind op 1 November plaas.

Die ANC en die EFF stoei voort om die hoofdrywer van grondhervorming te wees met dié partye wat die grondkwessie op die agenda van hul manifes vir die plaaslike verkiesing geplaas het.

Die munisipale verkiesing vind op 1 November plaas.

Die regerende ANC, wat sukkel om ’n sukses van sy grondhervormingsprogramme te maak, dra ’n sagter boodskap rakende grondhervorming oor, maar die identifikasie en onteiening van grond sonder vergoeding vir landboudoeleindes en nedersettings is een van die EFF se ononderhandelbare sleutelbeloftes en planne. Die DA maak geen melding van grondhervorming nie.

Pres. Cyril Ramaphosa het met die bekendstelling van die ANC se manifes ’n suikerklontjie vir kiesers aangebied deur te sê hulle sal nie beboet word wanneer hulle voedseltuine op sypaadjies vestig nie. “Die ANC sal voedselproduksie verbind met die ondersteuning van kleinskaalse boere en plaaslike aankope. In besonder sal ons die onbeperkte ontwikkeling van stedelike tuine en tuine op sypaadjies verseker waar gewasse verbou kan word om voedselsekerheid te verhoog.”

Hy het gesê hoewel die staat die afgelope 25 jaar reeds 8 miljoen hektaar grond herverdeel het, is daar steeds miljoene mense wat grond vir boerdery, behuising en besighede nodig het. “Dit is waarom ons die grondhervormingsprogram, ondersteuning aan die landbou en landelike ontwikkeling versnel.”

Beraadslaag

Die EFF maak dit duidelik dat sy beloftes geskoei is op konsultasie met verskeie sektore van die samelewing, wat onder meer ook die landbou- en landbouverwerkingsektor insluit. Die party beloof die munisipaliteite waar hy aan die hoof staan, sal ’n grondoudit doen om die ware eienaarskap van elke stukkie grond in die munisipaliteit te bepaal. Verlate en ongebruikte grond sal dan herverdeel word aan die grondloses. Elke munisipaliteit sal sy eie grondhervormingsplan hê met munisipaliteit-gebaseerde grondhervormingsteikens. Die teikens is gemik om die grondhonger in stedelike en buitestedelike munisipaliteite aan te pak waar toegang tot behuising, stedelike landbou en swart geleide industriële aktiwiteite verseker word. In landelike munisipaliteite sal die teikens konsentreer op verhoogde landbouproduksie en grond vir behuising.

Die party wil ook sien dat elke munisipaliteit ’n abattoir bestuur wat swart veeboere ondersteun. Elkeen sal ’n ontwikkelingsdirektoraat vir grond en landbou hê, asook ’n varsproduktemark vir kleinskaalse kosprodusente waarvan 50% toegang tot vroue en jong mense bied. Elke munisipaliteit sal sy voedselbehoeftes van opkomende boere bekom en verordenings vir die beskerming van landbougrond sal uitgebring word. Trekkers sal aangeskaf word vir gebruik deur arm huishoudings wat wil boer, en hulle sal produksie-insette ontvang.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.15
-0.8%
Rand - Pond
20.06
+0.2%
Rand - Euro
17.66
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,695.08
-1.0%
Silwer
20.08
-2.8%
Palladium
2,184.23
-3.4%
Platinum
915.84
-1.0%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,280
-0.2%
Alle aandele
65,676
-0.2%
Hulpbronne 10
63,294
+0.0%
Industriële 25
79,505
-0.7%
Finansiële 15
14,072
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Op soek na my "one and only"
Ek is Afrikaans maar gaan die volgende in Engels skryf. Hi. I'm Johan. I'm successful, love my job and content with life. Love music, food and love the beach. and my...
Sprankelende nooi opsoek na opregte man
Ek is n vrou wat baie gou vir mense omgee en altyd wil help waar ek kan. My hart is baie sag. As ek lief is vir iemand dan gee meer as net 100% ek beskerm, versorg , bederf, gee...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot