AFGRI
BEAN
18 Okt
-
6807,6
4,60
CORN
18 Okt
-
3086
32,00
SOYA
18 Okt
-
7214
-22,00
SUNS
18 Okt
-
9728
38,00
WEAT
18 Okt
-
5749
48,00
WMAZ
18 Okt
-
3196
-8,00
YMAZ
18 Okt
-
3351
-3,00
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Munisipale waardasies: Talle dispute kan verklaar word

akkreditasie
Foto: Theuns Botha
Foto: Theuns Botha
Aanpassings van munisipale waardasierolle en gevolglik munisipale belasting kan tot talle dispute met munisipaliteite in Noordwes lei, sê mnr. Boeta du Toit, uitvoerende hoofbestuurder van Agri Noordwes.

Hy sê talle lede het probleme met aanpassings van die waardasierol aangemeld. Op die meeste dorpe probeer Agri Noordwes al maande lank om met munisipaliteite samesprekings te voer. “In baie gevalle gaan ons nou geen ander opsie hê nie as om dispute te verklaar om munisipaliteite te dwing om om ’n tafel te sit en die kwessies aan te pak.”

Mnr. Naudé Pienaar, assistent-hoofbestuurder van Agri Noordwes, sê nadat die organisasie besware by me. Motlalepula Rosho, LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake in Noordwes, ingedien het, het sy ’n amptenaar van die departement beskikbaar gemaak om die besware te probeer aanpak.

Pienaar sê ’n klagte wat dikwels ontvang word, is dat talle munisipaliteite nie die nodige proses van openbare deelname gevolg het om inwoners in kennis te stel dat waardasierolle aangepas is en dat hulle die waardasierolle moet nagaan om hulle te vergewis van die stand van sake nie. Die proses behels dat eienaars van eiendom tyd gegun word om formeel beswaar te maak teen ’n waardasie as hulle nie met die bepaling daarvan of die belastingkoers saamstem nie. In baie gevalle het grondeienaars eers agtergekom waardasierolle en grondbelastingkoerse is aangepas toe dit op hul munisipale rekening weerspieël is.

Interpretasie van wetgewing

Mnr. Nicol Jansen, voorsitter van Agri Noord-Kaap, sê in die Noord-Kaap ondervind hulle ook baie probleme in dié verband. “Die grootste kwessie is baie munisipaliteite se interpretasie van die betrokke wetgewing, asook die bedingingsproses om belastingkoerse in lyn met inflasie aangepas te kry.”

Jansen sê daar is enkele dorpe in dié provinsie waar die situasie op dispute kan uitloop. “Tot dusver is nog geen deure toegeklap as ons munisipaliteite met klagtes nader nie.”

Die verhoogde belastings tref boere in ’n jaar waarin talle groot geldelike probleme ervaar weens onder meer die voortslepende droogtetoestande.

Meer as 60%

Mnr. Gernie Botha, regsadviseur by Vrystaat Landbou, sê in die Vrystaat is ook talle klagtes ontvang. By een munisipaliteit is waardasies met tot 63% aangepas, wat tot reuse-aanpassings in munisipale belasting gelei het.

Botha sê dit kom voor of waardasies voorheen onder markwaarde was. Dit lyk nou of munisipaliteite waardasies nader aan markwaarde wil kry. Dít het egter gelei tot hoë waardasie-aanpassings, wat tot drastiese toenames in munisipale belasting gelei het. Botha sê as al die betrokke stukke wetgewing korrek geïnterpreteer word, kan drastiese verhogings in munisipale belastingkoerse vermy word.

Wetgewing maak daarvoor voorsiening dat al word waardasies aansienlik aangepas, hoef dit nie te lei tot reuseverhogings in grondbelastingkoerse nie. Afwaartse aanpassings van koerse, soos koerse wat meer in lyn is met inflasiekoerse, is ingevolge wetgewing toelaatbaar om die finansiële impak op grondeienaars te beperk.

Wat staan ’n grondeienaar te doen?

Mnr. Butch van Blerk, direkteur van Bill Tolken Hendrikse Ingelyf en gereelde bydraer tot die Vra vir Faffa-rubriek, sê munisipaliteite kontrakteer onafhanklike eiendomswaardeerders wat eiendom of grond vir belastingdoeindes waardeer. “Omdat dit onafhanklike waardeerders is, is hul waardasies meestal akkuraat.”

Nadat die proses voltooi is, moet die munisipaliteit ’n waardasiesertifikaat – waarop hierdie waardasie gegrond is – per geregistreerde pos aan die eienaar stuur.

“Dis baie belangrik vir grondeienaars om hierdie sertifikaat te bestudeer. Op die sertifikaat sal aangedui word dat die grondeienaar die reg het om binne ’n sekere tydperk teen die waardasie beswaar te maak,” sê Van Blerk. Die munisipaliteit moet die grondeienaar in kennis stel dat hy of sy die reg het om beswaar te maak teen die betrokke waardasie.

Botha sê die munisipale bestuurder moet enige formele besware na die waardeerder deurgee binne 14 dae nadat die tydperk vir besware verstryk het. Die waardeerder moet binne 30 dae skriftelik op elke beswaar reageer. As eienaars nie tevrede is met dié terugvoer nie, kan die proses verder gevoer word.

Volgens Van Blerk het grondeienaars die reg om voor die munisipale waardasiehof te verskyn waar hulle hul saak kan stel. Ná oorweging van die standpunte gee die waardasiehof sy uitspraak oor of die waardasie korrek is, en of die waardasie aangepas moet word.

“As die grondeienaar steeds nie met die waardasiebedrag tevrede is nie, kan hy of sy dit verder neem na die hooggeregshof vir hersiening. Dis ’n ingewikkelde proses en die grondeienaar sal ’n regsverteenwoordiger vir die laasgenoemde benodig,” sê Van Blerk.

Volgens Botha het Vrystaat Landbou al grondeienaars wat die proses rondom grondwaardasies en belastingkoerse binne ’n forum gevoer het, bygestaan om provinsiale en nasionale owerhede se aandag op besware oor veral belastingkoerse te vestig, waarna koerse gunstig aangepas is. “Dit is egter belangrik dat elke eienaar beswaar moet aanteken oor sy of haar eiendom se waardasie en gevolglike belasting,” sê Botha. “Daar kan nie beswaar aangeteken word teen ’n volledige waardasierol nie, maar slegs ten opsigte van spesifieke eiendomme.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.67
-0.6%
Rand - Pond
20.14
-0.3%
Rand - Euro
17.03
-0.6%
Rand - Aus dollar
10.88
-0.5%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Goud
1,764.45
-0.2%
Silwer
23.20
-0.5%
Palladium
2,019.35
-2.9%
Platinum
1,038.50
-1.9%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,221
-0.5%
Alle aandele
66,792
-0.4%
Hulpbronne 10
63,626
-1.1%
Industriële 25
84,496
-0.4%
Finansiële 15
14,073
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Happy go lucky
Sense humour witty funny just enjoy being me enjoy each and every day to best I can and take it ad it comes
Nuwe begin, nuwe hoop, nuwe lewe
Ek is n inspirerende mens wat enige iets wat op my pad kom sien as n getuienis om God se Naam groot te maak. My hande staan vir niks verkeerd nie. Ek hou van sport en om tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot