AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Munisipaliteit verplig om op te tree oor rondloperdiere

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie: Bokke loop rond langs die N22 in die distrik Avondrust. Foto: Verskaf
Ter illustrasie: Bokke loop rond langs die N22 in die distrik Avondrust. Foto: Verskaf
'n Munisipaliteit in die Oos-Kaap is deur die hof beveel om te hou by wetlike verordenings vir diere op meentgrond en in woongebiede nadat rondloperdiere en gevolglike probleme daarrondom toegeneem het.

Die plaaslike munisipaliteit Ndlambe in die Oos-Kaap is deur die hof beveel om te hou by wetlike verordenings vir diere op meentgrond en in woongebiede.

Rondloperdiere op landelike dorpe en paaie het oor die jare beduidend toegeneem. Dit is baie keer die gevolg van die ongemagtigde aanhou van vee op meentgrond en in woongebiede.

Agri Oos-Kaap het ’n toesighouersbevel van die hooggeregshof in Mkhanda bekom wat die munisipaliteit Ndlambe, in die Sarah Baartman-distrik, verplig om die situasie reg te stel. Dit was nodig omdat die munisipaliteit gedurende die afgelope vyf jaar terwyl die litigasie aan die gang was, misluk het om die situasie reg te stel.

Mnr. Brent McNamara, uitvoerende hoof van Agri Oos-Kaap, het die hoop uitgespreek dat die munisipaliteit sy pligte sal nakom en die situasie sal oplos. Hy hoop ander munisipaliteite met soortgelyke kwessies sal ook die situasie regstel en nie inwoners dwing om oor te gaan na regsaksie nie.

Saak

Met die aanhoor van die saak op 4 November het die munisipaliteit aangedui hy het reeds stappe begin doen om die situasie reg te stel, maar dat ’n definitiewe tydlyn om dit te doen nie haalbaar sal wees nie. Die munisipaliteit het voorgestel dat hy eerder aan die hof moet verslag doen oor sy vordering om die kwessie op te los.

Ten spyte hiervan het waarnemende regter Avinash Govindjee op 5 November beveel dat die munisipaliteit die aansoekproses vir die aanhou van vee binne drie maande die lig moet laat sien. Hy moet ook beheer- en naspoormaatreëls vir diere instel en tariewe insamel van diegene wat in die Ndlambe-woongebiede, openbare plekke en/of meentgrond vee aanhou of wil aanhou.

Ingevolge die bevel moet alle aansoeke wat goedgekeur word, voldoen aan die relevante wetgewende bepalinge, insluitend maar nie beperk nie tot die Wet op die Identifikasie van Diere (Wet 6 van 2002), die Wet op Dieresiektes (Wet 35 van 1984) en die Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne (Wet 43 van 1983) nie.

Die munisipaliteit is ook beveel om verslag te doen oor die toepassing van bestuursplanne rakende die meentgrond onder sy beheer, die drakrag daarvan en sy planne om oorbeweiding te voorkom.

Hy moet binne vyf maande, in fases, beslag lê op alle diere wat nie voldoen aan die wetgewende bepalinge nie. Hy moet ook binne 60 dae ’n stelsel in werking stel waar private persone terugbetaal word vir die koste wat aangegaan moes word om die diere te laat skut.

Die munisipaliteit is beveel om die regskoste op ’n strafskaal te betaal.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
+0.1%
Rand - Euro
17.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot